|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 21:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die moorde op twee boere die naweek het die aantal sterftes in plaasaanvalle sedert 6 November 2007 in die Limpopo-provinsie op 13 te staan laat kom. Altesaam 35 plaasaanvalle is sedert dié datum in die provinsie aangemeld.
In dié voorvalle is 13 mense dood en altesaam 24 mense is aangerand, gemartel en van die vroue is verkrag. In ander gevalle is aanvalle en voornemende rooftogte vroegtydig gekeer terwyl daar verskeie gevalle was waar boere se honde vergiftig is.
Onthou om landbou.com se petisie - Stop plaasmoorde - te onderteken
In die jongste aanvalle is ‘n Belgiese burger, mnr. Ettienne Cammaerts (61 jaar) op Vrydag, 26 Februarie by Villa Nora in die Koedoesrand/Baltimore-omgewing met ‘n stomp voorwerp geslaan en verwurg. Saterdagoggend is mnr. Paul Dunn van Letsitele vermoor.
Mnr. Doors le Roux, die voorsitter van die provinsiale veiligheidskomitee van die TLU SA Noord, sê dat dié komitee ‘n dringende vergadering met die LUR vir veiligheid in Limpopo aangevra het.
Hy sê dit is ook nodig dat die provinsiale kommissaris van Polisie, wat tot nou toe geweier het om met die TLU SA saam te werk, met die georganiseerde landbou skakel om maniere te vind om die situasie te verbeter.
Volgens Le Roux is die tyd nou ryp om die plaaswagstelsel te sanksioneer. Hy sê verder dat finansiële steun vir die plaaswagstelsel ook ondersoek moet word ten einde die georganiseerde landbou in staat te stel om die stelsel verder uit te brei aangesien die polisie geen beheer oor die misdaadtoestand het nie.
Die voorsitter van die TLU SA Noord, mnr. Jan Viljoen, sê die moorde so kort voor die sokkerwêreldbeker is nie ‘n goeie beeld van Suid Afrika nie en dat die Belgiese ambassade van die moord in kennis gestel sal word.
2 Maart 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Aan alle boere en gesinne wil ek graag my meegevoel uitspreek en vertrou dat die waarheid by die regte mense sal uitkom.
Aan alle gesinne van Lompopo, wees verseker dat my hart voor die Almagtige Vader ween oor die moorde wat tans in die land plaasvind.Buitelande moet asseblief hiervan hoor. Is u ook bewis dat Die Roomse Katolieke Kerk in die Wereldraad van Kerke die meeste se het oor die gee van geld vir russiese wapens? Neem meer hiervan kennis en u sal verstaan waarom word so baie inligting versteek by Sinodes! Ek bid vir elke seer hart vandag en mag die Heer u werklik beskerm.
Dis lankal tyd dat iets gedoen moet word. Sal dit nie al klaar 'n bietjie help as al die insypeling van mense oor die grense summier stop gesit word nie?
stem vir plaaswag stelsel soos ons dit in my kinderjare gehad het.kom ons staan net saam en ged om vir mekaar
MOOI MAN , DIT WAS LANKAL TYD DAT DIE BUITE WERELD BEKEND GESTEL MOET WORD WAT GAAN IN DIE KURIPTE LAND AAN , HULLE PROBEER ALLE BISDAAD TOE SMEER VIR DIE SOKKER , WANT HULLE WEET DIE BUITE LANDERS GAAN NIE HIER HEEN KOM AS JULLE UIT VIND WAT WERKLIK HIER AAN DIE GANG IS NIE . IS DAAR DALK N NETWERK WAT DIE BUITELANDERS OP N DAAGLIKSE BASIS KAN IN KENNIS STEL HOE DIT WERKLIK HIER IN SUID-AFRIKA GAAN ? EK HET N SUS IN CANADA HULLE HET GEEN IDEE WAT HIER GEBEUR NIE ( BOERE ) .
Ons sal moet baie harder geraas maak in die buiteland. Of dit sal help is natuurlik nog 'n vraag. Zimbabwe is daar vir ons 'n baie goeie voorbeeld. Het ons dan regtig geen instansie wat genoeg druk op bv. Obama kan uitoefen om standpunt in te neem oor plaasmoorde nie? Waar is die VF, Solidariteit, TLU of Agri SA dan?
Ek het VTM, die Belgiese TV nuus sender, ook hiervan in kennis gestel... Miskien sal dit die buitewereld bietjie meer betrokke maak? Dit raak mos nou darrem so bietjie na aan hulle eie agterwerelde...
Die gebeurtenisse ia al lankal ON-AANVAARBAAR. Met al die geleerde mense in ons midde - kan daar nie meer drastiese stappe geneem word nie. Dit is bekend dat die konsep bestaan dat een land nie in 'n ander se huishoudelike sake inmeng nie. Maar, iets moet nou gedoen word.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)