Agri SA is bekommerd oor die toename in plaasaanvalle wat die afgelope paar maande in Suid-Afrika voorkom. Mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se veiligheidskomitee, sê volgens hulle jongste statistieke vind daar gemiddeld twee plaasaanvalle per dag plaas.
Die statistieke dui ook aan dat gemiddeld twee boere per week in Suid-Afrika op hul plase vermoor word. “Ons is baie bekommerd oor die huidige situasie. Sedert Augustus verlede jaar het die aanvalle toegeneem.”
Botha sê statistiek wat die Polisie in Oktober verlede jaar bekend gemaak het, het ook aangedui dat verkragting onder swart vroue wat op plase werk of woon met 49% toegeneem het vergeleke met die statistiek van Oktober 2007. Agri SA beoog derhalwe om volgende maand in Pretoria met die Regering en ander betrokkenes ’n veiligheidsberaad te hou.
Botha sê hulle ondervind probleme met die toepassing van die veiligheidsplan wat hulle in 1998 saam met die Regering onder oud-pres. Nelson Mandela ontwikkel het. “Ons wil die uitdagings van die plan bespreek en dit nagaan om vas te stel of die plan veranderings verg.”
Regering se stilte
Botha sê hy het die Regering al uitgedaag om op die toename in aanvalle te reageer. “Maar nie die president, ministers, LUR’e of burgemeesters het nog enigsins iets daaroor gesê nie. As gesê word dat kommersiële landbouers ook ’n beroep beoeofen, wat sou gebeur het as dié aanvalle in enige ander beroepsegment voorgekom het?”
Botha sê volgens AgriSA se statistiek word daar gemiddeld 700 boere per jaar in Suid-Afrika vermoor.
Maklike teikens
Botha meen plaasaanvalle kom so gereeld voor omdat boere maklike teikens vir misdadigers is. Boere is uitgelewer, omdat hulle gewoonlik ver van dorpe of stede af woon en dit lank duur voordat die Polisie by hulle uitkom. Misdadigers weet dus hulle het genoeg tyd om ’n aanval uit te voer en te ontsnap voor hulp opdaag.
Hy sê die lae suksessyfers in vervolgings in die land speel ook ’n rol. Volgens Botha het Unisa vir ‘n studie in Oktober verlede jaar onderhoude met 37 misdadigers gedoen. Die groep misdadigers het elkeen gemiddeld 105 geweldsmisdade gepleeg voor hulle aangekeer is. “Dit beteken ons het dus met ’n suksessyfer van 6 % met vervolgings. Misdadigers het dus ’n 94 %-kans om weg te kom.”
Die finale besonderhede oor die beraad sal binnekort bekend gemaak word.
13 Januarie 2009
Kommentaar
Is die regering werklik bekommerd oor die aanvalle of is daar 'n verskuilde agenda agter alles? http://groups.to/noracism/
http://groups.to/noracism/
Moenie die boer met jou mond vol kos kritiseer! Dit het net 3maande geneem vir Zimbabwe om in sy **** te gaan nadat hulle die boere van die plase "weggejaag" het.Wie dit nie kan besef nie in Suid Afrika is n meeloper van die ANC en is besig om sy eie ondergang en uitsterf van n volk aan te help.
Ek het alleen een vraag. Sal boere nie vermoord in die Kongo word so als in Suid Afrika?. I am sorry to say but so many people from the Congo have left to come to Belgium because of the civil war and it is not entirely over. I doubt very much that any Boer will be safe there. I was born in the Congo but grew up in South Africa and now work in Belgium and one does learn the ins and outs of different countries.
Africa in general is a beautiful continent and I would love to go back to South Africa but unfortunately the violence on farmers (eg) is still too high. As a women with children I am not taking any risks. There is nothing wrong with wanting to buy land in neighbouring countries to start farming and expanding out but people must be sure that it is safe to do so as Africa has shown us to many negative changes.
Beste Jan Bezuidenhout,
Kontak my asb. per e-pos (janbez@landbou.com). ons het dieselfde naam. Dit kan tot verwarring lei.
Dankie
Jan Bez, landbou.com, Kaapstad
Dag Andre B skies as jy op die vingers getik voel dis nie die bedoeling nie...eerder n weerspieeling van die frustrasie van n persoon wat sien hou duisende van my mense(soos skape) aan hul neuse rondgely word oppad na die slagpale toe.Dankie van harte vir jou moeite om die statistiek bekend te stel en uit te wys.Laat my toe om vir jou te verduidelik hoekom die SAPD en ander instansies in ons land so pateeties is,dit loop hand aan hand met my voorige stelling oor kongo en al die pad tot by die oosgrens 1820s.Die aanslag teen blanke boerre in die hele afrika word primer gedryf deur n afrosintiese nationalisme wat daarop uit is om Etniese Europeers hetsy van Hollands,Portegeuse of Engelse afkoms uit afrika te dryf deur middel van tereur onder die DEKMANTEL VAN MISDAAD.Die motief wat europeers vermoed as misdaad aangesien dit blyk materialisties te wees is nie die primere oorweeging by hierdie moordenaars nie en is tog duidelik deur die afgreislike geweld wat gebruik word geduurende hierdie misdade !Die materiale bates wat geroof word is in die meeste van die gevalle so karig dat dit slegs as trofee herdenking beskou kan word. Terwyl hierdie misdade die moreele ondersteuning van die swartmeerderhede weg drae is daar geen manier hou hierdie stryd op n geregtelike manier gewen sal word nie.Die HAAT wat deur die huidige ANC aangeblaas word deur die geskiedenis so te verdraai as te wil voorgee dat alle wit mense koliniseerders is, wat afrika toe gekom het om die "somenaamde" oorsproklike eienaars se bates te steel is die primere rede, hoekom hierdie slagting plaasvind.Kyk asb bietjie na hierdie ding deur die vyand se oe...Hoe meer hul "nie amptilike troepe" die boerre bevolking uitmoor hou makliker word hul GROOT en openlike veltog van grondoorname en oorhandiging aan hulle aanhangers.Ons kan hierdie prentjie vir dae probeer inkleur maar laat ek afsluit deur dit te se .Alle oorloe het twee kenmerkende einskappe 1.Om die vyand dood te maak en 2.Om sy grond te beset....So my kritiek is dit Mr Botha ons is nie slagoffers van materialisties gedreewe misdaad nie. ONS IS SLAGOFFERS IN N ONVERKLAARDE OORLOG ...EN BESIG OM TE VERLOOR!!
Ja dit is opmerklik dat die betrokke LUR in die Vrystaat geensins prominent media dekking bied in die verband in sy afkeur daarvan. Dit is dieselfde LUR wat die verantwoordelikheid oor die haglike paaie in die Vrystaat dra.
Rooibok weet jy hoeveel dit kos om te boer? Weet jy dat boere op skuld boer, hulle kan nie meer anders nie, Ja daar is wat te hoog vlieg, maar moenie se hulle kla net altyd nie. Ja daar word te veel boere vermoor, hopeloos te veel! Hoekom, omdat hul werkers net meer en meer wil he, en nie weet wat dit kos om die produkte daar te stel nie. Moet ook nie se hulle word nie ingelig nie, hulle kry opleiding en insae in die plaas se boeke, maar die bakhand sindroom moet eers uitgeroei word. Hier by ons is daar niemand wat minder as minimum loon betaal nie, hoe weet ek dit? Dept Arbeid is baie bedrywig hier en daar word gereeld op steekproefbasis ondersoeke by boere gedoen. Vang die moordenaars, maak van hulle voorbeelde en vra die staat se hulp hierin.
Die kommentaar op dit wat besig is om in landbou te gebeur is insiggewend. Wat my bekommerd maak is dat ons nie die totale prentjie raaksien nie. Ek is van mening dat ons vasgevang raak in dogma, beskuldigings en verwyte.Deur aanhoudend oor die skouer na agter te kyk gaan daartoe aanleiding gee dat ons oor die klip in die pad gaan struikel. Deur te verwys na 40 jaar teug in die Kongo maak geen konstruktiewe bydra tot die huidige situasie nie. Die van ons wat op eie koste sonder enige bybedoelings poog om geleenthede vir boere te skep doen dit omdat ons poog om 'n daadwerklike verskil te maak. Die geleenthede wat ons probeer ontsluit is 'n poging om uit die hoek te kom en om ons plek te kan volstaan sonder om iemand in die oe te kyk vir gunste en gawes. Deur geleenthede te ontsluid maak ons dit moontlik om keuses te kan uitoefen. Niemand is verplig om die geleentheid aan te gryp nie, maar ten minste was daar alternatiewe.
Gemeenskappe moet hul nekke styf maak en aanspraak maak op gelyke beregtiging. Swak diens deur die SAPD of enige ander instansie is totaal onaanvaarbaar. Bevelvoerders word aan die hand van 'n pligstaat aangestel en indien sodanige persoon versuim om sy plig volgens aanvaarbare standaarde uit te voer moet hy / sy aan die kaak gestel word.
Die situasie is totaal onaanvaarbaar. Ons sal die rasisitiese regering moet dwing om sterk standpunt in te neem teen plaasaanvalle en moorde. Hulle moet onthou aksies spreek harder as woorde. As hulle nie wil standpunt inneem nie beteken dit net dat die onrus situasie op die platteland in hul hand speel en dit maklik maak om stelselmatig alle grond oor te dra na swartes. Wonder wat Malema se standpunt oor plaasmoorde is? Kan net raai. Indien die regering hoegenaamd gedink het dat blankes tevrede daarmee is om derderangse burgers te wees kan hul maar net na Beeld se aanlyn peiling oor 'n volkstaat gaan kyk. 56% se ja, hulle sal oorweeg om in 'n volkstaat te gaan bly met nog 17% wat se dit hang af. Verseker is dit nie gelukkige landsburgers wat so stem nie.
9O Persent van die boere praat net,doen absoluut niks,klae heeldag met die brood onder die arm,en vertel almal hoe swaer dit met hulle gaan,niemand gun mekaar voorspoed en geluk,en bitter min boere help mekaar vandag.Almal moet saamstaan,vir mekaar omgee,God eerste stel[dan sal alles inmekaar val]
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)