Deur ALANI JANEKE
11 April 2012

725 keer gelees | 2 kommentaar

Nóg ‘n klagte oor entstof - die keer vir Afrika Perdesiekte - gaan teen die OBP by die Verbruikersforum gelê word, sê die DA.


Nóg ‘n klagte oor “ondoeltreffende” entstof gaan teen Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) by die Verbruikersforum gelê word, dié keer vir Afrika Perdesiekte, sê die Demokratiese Alliansie (DA).

Me. Annette Steyn, woordvoerder vir die party, sê na skatting het sowat 1000 perde weens ‘n uitbreking van dié siekte verlede jaar gevrek.

Volgens die Afrika Perdesiekte-trust het die mees onlangse uitbreking vyf maande geduur en 31 van die 61 ge-infekteerde perde het gevrek. Die oorspronklike entstof vir dié siekte is in 1957 ontwikkel. Sedertdien is nog slegs een keer, in 1995, aan die oorspronklike entstof verander. Steyn sê perde-eienaars het in 2006 aan die OBP gevra wanneer nuwe entstof ontwikkel sal word, en die antwoord was “oor vyf jaar”. Nog geen nuwe produk is intussen beskikbaar nie.

R300 per inenting
Volgens Steyn betaal perde-eienaars tans R300 per inenting om hulle diere teen die siekte te laat beskerm. “Dit is te veel geld om te betaal vir ‘n produk wat nie werk nie. Intussen het die OBP in 2011 ‘n netto omset vir operasionele aktiwiteite van R51 642 089 aangeteken, en hulle operasionele wins was R20 675 931.”

Steyn het verlede week ‘n versoek aan die Verbruikersforum gerig om ‘n ondersoek te loods na die ondoeltreffendheid van entstof vir slenkdalkoors, wat veeboere groot skade berokken het. Sy sê sy gaan nou haar versoek uitbrei sodat dit ook entstof vir Afrika Perdesiekte insluit.

Die OBP se interne gehaltebeheer-departement is tans verantwoordelik vir die nagaan van entstof om te verseker dat dit aan internasionale standaarde voldoen. Steyn meen dat dít die grootste probleem is: “Die OBP kan nie toegelaat word om beide speler en skeidsregter in die winsgewende entstof mark te wees nie.”

Steyn is van plan om ‘n skrywe aan me. Tina Joemat-Petersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, te rig waarvolgens sy aanbeveel dat ‘n onafhanklike liggaam soos die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) die OBP se entstowwe toets.

11 April 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/05/27 09:17:44 PM

Deur di SABS te vra om die entstowwe te toets maak julle vir wolf skaapwagter


Jaco Ferreira

2012/04/12 08:59:22 AM

UITEINDELIK!, maar ek glo dat die entstof vir perdegriep ook bygevoeg moet word - want dit maak dit verder verswarend. OBP vervaardig al vir meer as 'n jaar geen perdegriep entstof nie agv kontaminasie wat plaasgevind het. In 2007 het Onderstepoort reeds in die parlement erken dat hul R500 000 000 verloor het agv die feit dat die Europese Unie nie bloutong entstof by hul wou koop nie. Die rede - OPB kon nie 'n "Certificate of Good Practice" bekom nie. So hoekom sal hul perdesiekte entstof ens betroubaar wees? Verder moet daar gelet word op die feit dat OBP een van die borge van die Perdesiekte Trust is - hy wie se brood ek eet, die se woord ek spreek!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights