Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Tweede-toer-na-georgi-beplan

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 21:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Tweede toer na Georgië beplan

 
Deur ALANI JANEKE
Grondpryse wissel van so min as R300/ha tot meer as R12 000/ha. Foto: NICO VAN BURICK
Grondpryse wissel van so min as R300/ha tot meer as R12 000/ha. Foto: NICO VAN BURICK

’n Tweede landboutoer na Georgië word in April vanjaar beoog en alle belangstellendes is welkom, sê die TLU SA.

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder, sê ná die eerste toer het sowat 120 mense reeds dié land besoek. “Ongeveer 30 boere het reeds in dié land belê of is in die proses om daar te belê,” vertel hy.

Die toer vind van 23 tot 27 April plaas. Belangstellendes word genooi om met die TLU SA in verbinding te tree vir meer inligting.

Twaalf boere
’n Groep van 12 boere het saam ’n stuk grond van 1 000 ha gekoop. Hulle voer nou spilpunte van Suid-Afrika na Georgië uit om op dié plaas te gebruik. Mnr. SW Kruger, tans in Georgië, sê hulle hoop om in April die eerste saailinge te plant.

“Ons wil nie Suid-Afrikaanse boere uitvoer nie. Dié geleentheid bied aan ons boere die kans om hul bedrywighede internasionaal uit te brei. So ons sê boere moet baie mooi dink voordat hulle soontoe immigreer,” sê Van Zyl.

’n Projek
Van Zyl sê hulle onderhandel met die Georgiaanse regering oor ’n tweede model om Suid-Afrikaners in die land se landboubedryf betrokke te kry. Dié model fokus op boere of mense wat in die verskillende landbouerigtings gekwalifiseer is, maar wat nie die geld het om self daarheen uit te brei nie.

“So ’n mens kan dan aansoek doen om vir ’n tydperk op ’n projekgrondslag op ’n plaas in Georgië teen ’n maandelikse salaris te gaan boer,” verduidelik Van Zyl. Die projek sal deur donasies, maklike lenings en dies meer gefinansier word, maar Van Zyl sê die ontwikkeling daarvan is nog in die beginstadium.

Afrika
Mnr. Louis Meintjes, voorsitter, sê die organisasie beoog dieselfde tipe projek in Nigerië. Dié land se regering het sowat 30 000 ha grond vir so ’n projek toegewys. “Ons is baie opgewonde daaroor, maar nog baie beplanning moet gedoen word.”

Meintjes sê mense wat op alle vlakke van ontwikkeling in die landbou gekwalifiseer is en aan so ’n projek wil deelneem, word uitgenooi om hulle CV’s aan president@tlu.co.za te stuur.

Die organisasie is reeds deur ander Afrika-lande, soos Angola en Tanzanië, genader wat ook graag Suid-Afrikaanse boere by hulle wil ontvang.

Hou Landbouweekblad van 17 Februarie 2012 dop vir meer inligting.

2 Februarie 2012

4.5
 
 
  • 712 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Louis Meintjes 
02 Feb 2012 15:03

Ek moet beklemtoon dat die Nigerie projek nie gaan oor die vestiging van SA boere nie.
Die eerste fase is die opstel van 'n Landbou ontwikkelinsplan vir die provinsie of streek en om dit op n nasionale basis te koordineer.
Daar word gekykna die hele waardeketting en wat nodig is om landbou as bedryf te ontwikkel. Die tweede fase sal die imlementering van die plan wees.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Noord-Kaap ook oorstroom
  • Kwaai Tina op oorlogspad
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction