Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Tydbom-gaan-bars-melkbedryf

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 22:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:71%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

‘Tydbom gaan bars in melkbedryf’

 
Deur JOHAN COETSEE en THEUNS BOTHA

Melkboere sit op ’n tydbom weens die ernstige droogte, en met Parmalat se uiters ontydige verlaging van 30c/liter in die produsenteprys op 1 Julie, gaan dié bom bars.

Só het mnr. Willie Cronje, ’n onafhanklike suiwelkonsultant, gewaarsku tydens ’n krisisvergadering gister (Woensdag) op Swellendam. Die ernstige droogte wat die Suid-Kaap teister, laat melkboere bitter swaar trek, en dié verlaging is net die kersie op die koek, het hy gesê.

Dié vergadering is deur sowat 130 produsente bygewoon, sommige van so ver as Humansdorp in die Oos-Kaap en Melkbos, noord van Kaapstad. Geen verteenwoodiger van Parmalat was teenwoordig nie.

Van die berekeninge wat tydens die vergadering voorgehou is, was dat in ‘n melkeenheid met 200 koeie wat gemiddeld 15 liter elk produseer, dié prysverlaging ’n kleiner melktjek van R27 000 per maand beteken. ‘n Boer wat 10 000 liter per dag lewer, sal nou R100 000 minder per maand kry.

Onder die aanwesiges was mnre. Bertus de Jongh, besturende direkteur van die MPO, Dèan Kleynhans, nasionale voorsitter van die Melkprodusente-organisasie (MPO), Pietman Lourens, voorsitter van Sentraal Suid-Koöperasie, André van Heerden, bestuurder van die SA Melkprodusente-organisasie (Samelko), Douw de Kock, voorsitter van Samelko, en dr. Koos Coetzee, hoofekonoom van die MPO.

Kry ‘n balans
Kleynhans het gesê wanneer ’n balans tussen produsente en verwerkers bestaan, die situasie meer onder beheer is. Dit is tans deel van die probleem in die Suid-Kaap. In die res van die land, waar nie droogte is nie en só ’n balans bestaan, groei die melkbedryf gesond.

Ook in die Oos-Kaap is die bedryf in rep en roer, en boere het die aankondiging deur Parmalat en Lancewood van dalende produsentepryse, beskryf as “die grootste bontpratery denkbaar,” en “jy kan niemand glo nie.”

Mnr. Willie du Plessis van die plaas Kromhout by Oesterbaai, wat aan Lancewood melk lewer, sê verskaffers het op 1 April ’n verhoging van 25c/liter ontvang, net om ’n paar weke later te hoor dat die prys weer met 30c/liter verlaag word.

Mnr. Freddie van Zyl, voorsitter van die Oos-Kaapse tak van die MPO, sê die prysverlaging kom op ’n ongeleë tydstip. Pryse word gewoonlik die tyd van die jaar verhoog. Boere kom deur ’n erge droogte in die Suid- en Oos-Kaap. “Ons hoop daar is genoeg volwassenheid in die bedryf en dat ander melkkopers nie ook hulle pryse gaan laat sak nie.”

* Heelwat moontlike blywende oplossings vir die suiwelbedryf het na vore gekom, wat gewissel het van prakties tot effe radikaal. (Landbouweekblad publiseer volgende week meer inligting daaroor).

27 Mei 2010

4.76923
 
 
  • 3689 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker 
12 Jul 2010 09:13

In Suid Afrika is daar genoeg kundigheid om eie fabrieke op te rig. Ek voorsien dat eeder kleiner streek/distrik fabrieke die oplossing is. Die oomblik wanneer groot maatskappye bestaan het hulle net te veel mag. Dit sal on Afrikaners se les ook wees vir die toekoms. Ons verkoop ons beheer aan maatskappye wat dan groter word en noteer. Hou by die basiese in ons streke. Kom mense on kan dit doen!

  • antwoord
Chris Scheepers 
01 Jun 2010 14:03

As jy my vra lyk dit vir my net soos n metode om onafhanklike boere uit die bedryf te stoot en dan word die boerderye oorgeneem deur groot korporatiewe en dan kan kospryse gemanupileer word, want eet en drink dit moet ons.

  • antwoord
Kobie Olivier 
31 Mei 2010 09:39

Vergeet van 'n eie fabriek. Boere beskik nie oor die vermoë of kundigheid om 'n fabriek te bestuur in hierdie gesofistikeerde mark nie. Die oplossing lê daarin dat boere moet minder melk produseer, dit wil sê minder koeie melk, maar moet dit meer doeltreffend doen. Die idee van "get big or get out" het nou geboemerang en die verwerkers sal nie die prys verhoog as hulle genoeg produk het nie. Dit is 'n kwessie van vraag en aanbod.

  • antwoord
Wilie Bester 
01 Jun 2010 08:07

Ek stem nie saam dat n mens minder melk mo0et produseer nie gin mens kan mos agteruit boer nie. Daar is baie boere wat afhanklik is van hulle melktjek en nie kan bekostig om hulle melkerye af te skaal nie ek dink nie daar is regtig n toekoms vir n melkboer in ons land wat minder as 150 beeste melk nie,die ekonomie gaan jou bloot eenvouding opvreet,as ons melkboere in ons land erens wil kon sal ons moet beheer oor ons produk kry ,en ek glo steeds die melkboere in ons land het nie nodig om die kundigheid te he om ons eie fabriek te bestuur nie daars duisende mense daar buite met sulke kwalifikasies wat die werk kan doen dit gaan bloot net oor regerende aandeel.Ons sal erens moet begin,melkboere sal nooit vooruit kan boer op die manier hoe dit nou gaan nie Parmalat weet presies wat dit kos om melk te produseer en glo my hulle sal ons altyd net op die produksie prys hou.

  • antwoord
Onbekende besoeker 
29 Mei 2010 10:04

Dis die boere se eie skuld, as jy met die duiwel wil dans moet jy die agteraf byt kan vat.

  • antwoord
Japie Oosthuizen 
29 Mei 2010 09:57

Ek kan nie glo dat Mnr. Kleinhans beweer dat die melkbedryf in die res van die land waar nie droogte is, gesond is en groei. Hy wat ons boere moet verteenwoordig in ons organisasie, is lyk my heel oningelig. Teleurstellend.

  • antwoord
Radie Ferreira 
28 Mei 2010 15:13

Mens moet waarde toevoeg. Word jou eie middelman. Die vervoer van rouprodukte is baie duurder as verwerkte produkte. Jy kan meer verwerkte as rouproduk vervoer. Jy word `n prysmaker en is nie meer `n prysnemer nie. Ek is nie `n melkboer of boer nie, maar waarom kry die boer `n rand of twee en ek as verbruiker moet R8 tot R9 per liter betaal? Ek bly op die platteland en as dit met die boere goed gaan gaan dit met ons hele gemeenskap goed - ook met die ou wat olie, versekering, klere, kos, voertuie of wat ookal verkoop. Ook met ons skole en kerke. Laat elke produsent aandele in so `n maatskappy besit en kry innoverende mense aan die bestuur om reekse produkte te maak wat `n raklewe het (long life) om voorsiening te maak vir die tye waneer die produk skaars is. Voer uit. Kase, jogurt, botter, souse, kos, smere, ens. Die wereld het baie kleiner geword. Bou kleiner maar meer spesialis (boutique) streeksaanlegte. Toerisme?

  • antwoord
Dr Thomas Grupp 
28 Mei 2010 10:52

Deep hit for drought stressed dairy farmers in Western Cape

Bavarian Fleckvieh Genetics (BFG) is shocked about the announcement of Parmalat, one of the biggest milk processors in Southern Africa, to reduce the farm gate milk price at a time when internationally milk prices are slowly picking up. For the drought stressed dairy farmers in the Western Cape Province this notification is a stab in the back and will result in more bankruptcies in the dairy community and will weaken the South African efforts for food security.

After a terrible year the global dairy industry expects higher milk prices according to higher consumption beginning of 2010 and smaller stocks of butter and powdered milk. The outlook for the beef price is also very positive.

According to our experience in the previous years we encourage dairy farmers to pool their interests against the increasing influence of multinational food companies which already act as oligopolies and monopolies respectively. Therefore it is of vital interest that all dairy farmers, all industries benefiting from dairy farmers, dairy consultants, consumers and politicians stand together and raise their voice for a sustainable and profitable SA milk production. There is also a strong need for dairy farmers not only to think about the production of milk but also to focus on marketing and a highly effective management of supply and demand.

We all know that “efficiency” is the key word of future agriculture. Our contribution to sustainability, efficiency and product quality in the dairy business and climate protection is breeding for highly efficient dual purpose cattle. The fact that SA is a nett importer of beef should encourage dairy farmers to reconsider their strategies. Dual purpose is coming back – Benefit from higher beef prices – add beef value to your milk production – increase your profit per hectare.

  • antwoord
Gielie de Kock 
27 Mei 2010 18:44

Daar is net een oplossing 'n eie fabriek. Hy sal en moet kom hoe gouer hoe beter.

  • antwoord
Ben van Niekerk 
27 Mei 2010 09:23

Dit klink nou vergesog, MAAR ons moet meer beheer kry oor ons produk. Hierdie vet katte(maatskappye)lek die room af ten koste van ons produsente,

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Blindheid veroorsaak deur knopvelsiekte
  • MVSA maan oor rotsfosfaat
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction