|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
Die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling handig Dinsdag (12 Julie 2011) ’n plaas oor aan plaasbewoners in die Swaarwater-omgewing in Limpopo, nadat hulle sowat nege maande gelede van ’n plaas afgesit is.
Luidens ’n verklaring sal die plaas voortaan ook gebruik word om ander groepe wat van plase afgesit word te huisves. Die Swaarwater-omgewing word deur die departement as ’n knelpunt vir plaasuitsettings beskryf.
Volgens die departement is die ses families vir wie die plaas Eendvogelsdrift aangekoop is, verlede jaar wettiglik van die plaas Bisfontein afgesit. Die groep het toe glo net langs die pad naby die plaas ’n sinkwoning opgerig waar hulle intussen geleef het.
R4 miljoen
Die departement het sowat R4 miljoen betaal vir die plaas wat 580 ha groot is, en die gemeenskap beoog om daar te leef en die grond vir landboudoeleindes aan te wend.
Die grond is tydens ’n seremonie wat by die Blouberg-munisipaliteit aangebied is aan die gemeenskap oorhandig.
Dit is die tweede plaasoorhandiging vandeesmaand. Die eerste plaas, Brakfontein naby Groblersdal in Mpumalanag, is op Woensdag 6 Julie 2011 aan ’n gemeenskap van meer as 600 gesinne oorhandig.
Lees ook: Brei bestaande verblyfregwet uit
12 Julie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Hulle wil net blyplek bekom. Kyk oor vyf jaar of daar geboer word? Hulle het dan nie geld om te begin boer nie. Hoe laat ons nie onsself aan ons neuse rondlei nie.
My werknemers vra ek moet hulle ook van die plaas afsit, want hulle soek ook 'n eie plaas. Wie kan ons kontak?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)