|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
Die uitslag van die Dorpertelersgenootskap se foto-kompetisie is bekend gemaak. Die wenner is mnr. Bill Kent van Groblershoop met 'n foto van 'n Dorper-ooi en twee lammers. Sy prys is R3 000.
Die tweede prys van R2 000 gaan aan me. Colene Grevelink van Hanover met 'n foto van 'n Dorperram. Mnr. Daan Bosman, 'n bekende kleinveekonsultant in die Noord-Kaap, het die derde prys (R1 000) gewen met 'n foto van 'n troppie Dorperramme.
Die kompetisie is met die samewerking van Landbouweekblad aangebied en die wenners sal hul wentjeks eersdaags ontvang.
30 April 2004Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24