|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
Die eerste skote in die hofgeding tussen die landboureus, Senwes, en een van sy minderheidsaandeelhouers, die private ekwiteitsgroep, Treacle, het gister (19 Augustus 2010) in die Noord-Gautengse Hooggeregshof geklap.
Regter Moses Mavundla sal vanoggend (Vrydag) ’n beslissing fel in ’n dringende aansoek van Treacle om die beleggingsmaatskappy Senwesbel te verhoed om sy stemreg ten opsigte van 8,3 miljoen aandele by ‘n jaarvergadering van Senwes op 26 Augustus uit te oefen. Treacle voer aan dat die Maatskappywet oortree is toe Senwesbel dié aandele bekom het.
Senwesbel, wat gestig is om boere se beheer oor die landboumaatskappy te verseker, se aandeel in Senwes is 39%. Indien die dringende aansoek toegestaan word, sal hy net stemreg oor 34% by die jaarvergadering kan uitoefen. Mnr. Nick Maritz SC, wat namens Treacle verskyn het, het aangevoer dat dit van beduidende belang is.
Treacle en Royal Bafokeng
Hy het daarop gewys dat Treacle en die Royal Bafokengstam, as ’n bemagtigingsgroep, saam ’n 34% aandeel het en in baie opsigte met mekaar saamstem.
Treacle voer aan dat Senwesbel vyf jaar gelede op onwettige wyse 8,3 miljoen Senwes-aandele van 3 500 minderheidsaandeelhouers gekoop het. Die Maatskappywet is glo oortree omdat Senwes die transaksie finansier het.
Mnr. Chris Eloff SC, namens Senwesbel, het onder meer aangevoer dat die koop van die aandele en die lening by Senwes afsondelike transaksies was en dat daar nie dringendheid is nie omdat die applikant reeds maande lank van die datum van die jaarvergadering bewus was.
Die hofgeding oor die aandele sal in November voorkom.
Lees die agtergrond oor die hofgeding en die volledige hofstukke hier: Senwes en Treacle - die argumente
20 Augustus 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Hierdie hofsaak gaan nog baie geraamtes in die kas kry. Ons kleiner aandeelhouers is nou lank genoeg ge-ignoreer. Die verskoning dat Treacle die beheer van die boere wil wegneem is net 'n verskoning. Kyk na die aandeelhouding, is die direksie bang Treacle vat hulle houvas weg?
Die uitspraak Vrydag is 'n besliste aanduiding dat Treacle die hofsaak ook sal wen. Me Joynt erken dat Art 38 oortree is. Die gevolg is dat die Art 85 kwessie gaan veroorsaak dat Senwesbel wesenlike verliese gaan ly. Die klein aandeelhouders wie se aandele gekonfiskeer is sonder statuutmagtiging grens aan kriminaliteit. Daardie aandeelhouders het almal 'n wettige eis nadat die hofsaak gewen is. Danie Minnaar, jy zit op die oplossing en is nie bereid om dit te benut nie. Raak van die probleem ontslae en gaan onderhandel 'n skikking of is jou aanzien ook belangrijker as die klein aandeelhouders se financieel belang. Maak asseblief julle oe oop en tree in die beste belang van die maatskappy en sy klein aandeelhouders op.
TREACLE HET GEWEN
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)