|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
Die Mededingingskommissie gee vandag (Woensdag) uitsluitsel of ’n uitvoerpoel toegelaat sal word om ’n surplus van minstens 3,5 miljoen ton mielies uit die mark te verwyder.
Dit volg na waarskynlik die grootste oes (meer as 13 miljoen ton) in 27 jaar en ’n verdere sowat meer as 2 miljoen ton wat van die vorige seisoen oorgedra is.
Dr. Kobus Laubscher, hoofbestuurder van Graan SA, het by die Nampo-oesdag buite Bothaville gesê ’n uitvoerpoel is teenstrydig die Wet op Mededinging, maar dié wet maak wel voorsieing vir buitengewone maatreëls om ernstige ontwrigting in ’n mark teen te werk.
Eenmalige vergunning?
Mnr. Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA, is vol vertroue dat die uitvoerpoel wel toegelaat sal word. Hy waarsku egter dat dit ’n eenmalige vergunning sal wees. Indien dit toegelaat word sal die bedryf hom terselftertyd moet herstruktureer dat hy nie weer in só ’n situasie beland nie.
Hy sê om ’n uitvoerpoel te laat werk, moet daar 85% deelname (in tonnemaat) van mielieboere en ander eienaars van mielies landwyd wees.
Ferreira sê teen uitvoerpariteitspryse kan nie winsgewend geproduseer word nie en die surplus gaan minstens vir twee jaar ’n faktor wees. As pryse nie teen Desember verbeter het nie, staar 30% van mielieboere ondergang in die gesig.
Hy sê boere kla altyd dat die Regering nie na hulle probleme wil luister nie. In hierdie geval hang dit nie van die Regering af nie. As die Mededingingingskommissie dit goedkeur, hang dit van boere self af of dit gaan slaag of nie.
19 Mei 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Liewe Grobbies, blykbaar uit jou onkunde weet jy nie hoe om 'n vraag en aanbod model te maak nie. Teveel boere hou die weer profete dop en nie die mark nie. Ons doen groot insetfinansiering vir boere en hulle word gedwing om ten minste hul langtermyn gemiddeld te verskans en daarna hul potentiele opbrengs en glo my hulle is baie bly daaroor oor die laaste paar jare. Glo my ek verlekker my nie in die saak nie, maar in November - December kon ons al gesien het die oes is groot. Hopenlik kan ons iets doen om die mielies te verwerk of uit te voer maar dit gaan baie traag met al die stakings in die hawens. Ek hoop regtig jy kry 'n beter bemarker vir die 2011 oes wat beter strategiee vir jou kan gee as die "fly by nights" wat so by ons boere inry wanneer die mielies gestroop word.
Mnr Ferreira sê dit hang nie van die regering af nie, maar hy wag nog op die mededingings kommisie se antwoord. Wanneer gaan daar sekerheid kom? Van die boere is al 70% tot 80% klaar gestroop. Moet hulle maar op hulle mielies sit, en tot wanneer?
Safe(x), uit jou onkunde neem ek aan jy boer nie? Met 'n prys van R1700 is daar nie 'n oorskot om uit te voer nie. In Desember was dit droog en nog groter droogte is voorspel, dit was nie prakties moontlik om toe vas te gemaak het nie. Dit wil amper klink of jy jou verlekker in die situasie?
Onbekende besoeker, lig my net in waar is tonne voedsel vernietig om pryse te laat styg? Indien jy dink dat die meel op die rakke soveel soos die mielieprys sal afkom leef jy in 'n droomwêreld.
Na aanleiding van Susan Botes se kommentaar is dit moontlik dat GSA se leiers onder die indruk is dat hulle toestemming vra? Indien wel weet ek nou ons het groot probleme. Die ouens wat vir ons moet opkom weet nie wat hulle doen nie
Soos 'n nuuskierige joernalis betaam het ek gister by die Kommissie gaan voelers uitsteek om te hoor of hulle nie iets oor die poel sal vertel nie.
Dit is belangrik dat boere die volgende moet weet: Die Kommissie is onder die indruk dat Graan SA ADVIES by hulle wou he oor 'n uitvoerpoel. Nie TOESTEMMING nie. Die dame het dit 'n paar keer (3 om presies te wees) aan my herhaal om seker te maak dat ek die verskil presies verstaan. Sy sou dit waarskynlik gespel het ook, maar ek't dit weer aan haar terug gese. Ek noem dit, sodat daar geen verwarring onder die landbou moet bestaan nie.
Haar kommentaar stem ooreen met dit wat ek van die kommissie en die Wet op Mededinging weet. Enige vrystelling moet deur die Minister van Handel en Nywerheid gegee word. Dis hoekom Clover (kwansuis namens melkbedryf) by hom aansoek gedoen het vir vrystelling van dele van die wet.
Wat ek dus sê is dat die kommissie kan nee sê, maar hulle kan steeds by Rob Davies toestemming kry. Of die kommissie kan sê hulle dink dis ‘n goeie plan en GSA kan steeds later in die hof beland. (Twyfel egter of lg sal plaasvind.) Alternatiewelik kan die kommissie sê dis ‘n terrible idee, GSA kan steeds uitvoer en nooit in die sop beland nie. Ek het nog nie oor al die moontlike opsies gedink nie, maar dié is in kort.
Susan
(susan.botes@landbou.com)
'n Uitvoerpoel..hahaha, dit klink vir my dieselfde as die bothaville ethanol projek. Wat my altyd verbaas is dat GSA en boere nie @ R1700 per ton SAFEX praat van 'n uitvoerpoel of ander maniere om van die oorskot onslae te raak nie..onthou die SAFEX prys was nog in Desember by daai vlakke, dus het SAFEX die produsent 'n 3 tot 4 maande geleentheid gegee om sy Jul'10 oes te verskans + die mielies wat hulle (terughou \ wegsteek). Om 3,5 miljoen ton te boek vir uitvoere moet jy no 1 'n mark vir dit hê, tans lyk dit of ons buurlande oorskot mielies gaan produseer hierdie seisoen dan is daar nog logistieke probleme in ons land en wat van berging by die silos, al wie sal baat uit die uitvoerpoel sal die kooperasies wees wat stoor en rente gaan ontvang..en amper vergeet ek, Afrika soek NON GMO mielies vir uitvoere..ai ai ai...Ek dink boere moet beter bemarkingsbesluite neem veral op SAFEX en ophou aan die lippe van organisasies hang wat re-aktief eerder as pro-aktief optree.
Hier sal mens weereens kan sien of naasteliefde nog bestaan onder besigheidsbedryf. Bekostigbare voedsel wat oorskot deurdra na behoeftiges of diening van die wêreld vir geld en maksimum wins. Gaan tonne voedsel dalk weer vernietig word of vrot om pryse hoog te hou terwyl armes daagliks vermeerder? Kom ons kyk.
Is die uitvoerpoel net `n nuwe naam vir die probleem. Vraag en aanbod bepaal prys. Die enigste manier om van surplus ontslae te raak is verlaag die prys. Uitvoerpariteit is net R180/ton laer as huidige vlakke dan is die probleem opgelos, want dan is dit gelyk aan wereld pryse. Pryse was al op 1600 tot 1650 hoekom nou optree GRAANSA.
As ek nie verkeerd is nie, is dit dieselfde mnr Ferreira wat gisteraand op tv nuus vertel het hoe die regering se planne met ons plase voedselsekerheid in gedrang kan bring.
Wel ek is nou nie van die slimste ouens nie maar hoe kan jy aan die eenkant praat van voedselsekerheid en aan die anderkant kla jy dat jou boere produseer te veel en dan nog verwag die regering moet jou glo dat die paar plase wat hy vat, gaan voedselsekerheid in gedrang bring ?
Ek het dit nou al voorheen gese maar ek gaan dit wees se.
As die voedselsekerheid verskoning plan A is moet julle vinnig aan 'n plan B dink.
Die manne in die ANC is nie so onnosel soos wat julle dink nie.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)