Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Vee-peutervry-met-oog-foto-ge

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 22:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:71%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Vee peutervry met oog-foto ge

 
Deur CHRL VAN ROOYEN

Soos 'n mens se vingerafdrukke, vorm die are agter die oog 'n unieke patroon. Hierdie patroon word nou met die hulp van moderne tegnologie gebruik om diere te identifiseer.

Die gewone maniere om vee te identifiseer, is wel nuttig vir die boer en ook goedkoop, maar 'n skelm kan té maklik daarmee peuter deur die oorplaatjies af te haal of 'n brandmerk dood te brand.

Nou het 'n Amerikaanse maatskappy, Optibrand, met 'n stelsel vorendag gekom om diere te identifiseer deur 'n foto van die oog te neem. Hulle bestempel dit as die enigste manier wat werklik betroubaar is.

Soos elke mens se vingerafdrukke uniek is, is die patroon wat die aartjies aan die agterkant van die oogbal vorm, eie aan elke dier - of dit nou 'n bees, vark, bok of skaap is. Daardie patroon verander ook nooit deur die dier se leeftyd nie.

Dr. Japie van der Westhuizen, adjunkdirekteur van die LNR-Diereverbeteringsinstituut op Irene, sê dié stelsel is nuttig om onder meer dieresiektes en die beweging van vee te monitor. Dit kan ook gebruik word om veediefstal te bekamp. Daar is byvoorbeeld 'n registrasiestelsel vir alle voertuie. 'n Soortgelyke stelsel is nodig vir vee. Dit kan ook gebruik word wanneer boere oor die eienaarskap van 'n bepaalde bees of skaap verskil. Die oog-identifikasiestelsel kan dan bewys aan wie die dier behoort.

Die huidige stelsels wat gebruik word om vee te identifiseer, is nie só goed dat iemand nie daarmee kan peuter nie. 'n Oorplaatjie kan byvoorbeeld verwyder word, en brand- en tatoeëermerke kan verander word as die oneerlike mens vernuftig genoeg is. Merke aan 'n oor is ook nie veilig genoeg nie, want 'n veedief kan die oor afsny.

Selfs 'n mikroskyfie wat onder die dier se vel ingeplant word, of soortgelyke elektroniese apparaat, kan met 'n magneet beskadig word. Die verlies van hierdie apparaat jaag die boer ook geld uit die sak, want hy moet dit vervang.

Die tipe meting wat Optibrand gebruik (biometriese merker) is nie nuut nie. Vingerafdrukke word reeds baie lank gebruik om mense te identifiseer. Die meting van 'n oog se retina is op dieselfde lees geskoei, want geen twee diere se aartjies in die oog lyk eenders nie.

Soos met oorplaatjies, kan slinkse mense selfs met 'n vingerafdruk peuter deur die riffies op die vinger te brand om dit te verwyder. Dit geld ook neusafdrukke, wat ook uniek aan elke dier is. Die aartjies in 'n oog is egter peutervry, want niemand kan dit verander nie.

Prof. Bruce L. Golden van die departement Veekunde aan die Colorado State University in Amerika, wat by die projek betrokke is, sê sommige lande is baie streng oor die beweging van diere oor grense heen om siektes te beheer, veral in Europa. Hulle waak ook baie goed oor die gebruik van onder meer groeistimulante in dierevoeding. Daarom moet die identifisering van vee baie goed wees - en natuurlik peutervry.

Die identifisering van vee moet dus in die moderne era aan die volgende vereistes voldoen:

* Dit moet peutervry wees sodat bedrog nie kan plaasvind nie.

* Die identifikasie moet só permanent wees dat dit vir die hele duur van die dier se lewe geld.

* Data oor 'n dier moet vinnig en maklik verkry en ook bevestig kan word.

* Die inligting moet in 'n groot databasis gebêre word.

* Dit moenie die dier se beweging aan bande lê nie.

* Die stelsel moet vir alle diersoorte gebruik kan word.

Hulle het gevolglik besluit om hulle op die retina toe te spits. Dié metode werk kortliks soos volg:

Eers word die dier se een oog afgeneem met 'n spesiale digitale kamera wat die retina kan "sien". Die kamera neem 'n aantal foto's teen sewentien raampies per sekonde en soek dan self die beste een uit. Dit duur hoogstens tien sekondes.

Die kamera is met 'n kabel aan 'n klein, draagbare rekenaar gekoppel en stuur self die beeld na die rekenaar. Die beeld is binne sekondes op die rekenaarskermpie te sien. Met behulp van satelliettegnologie registreer die rekenaar outomaties die plek en tyd van die aksie. Die beeld word na 'n datastelsel gestuur, waar die rekenaar die beeld ontleed en sekere kenmerke identifiseer, byna soos 'n kundige met vingerafdrukke te werk gaan. Die rekenaar maak dan 'n soort staafkode wat die beeld identifiseer.

Die kamera en rekenaartjie word deur 'n kompakte battery van krag voorsien, wat die gebruiker sommer aan sy lyfband vasgord.

Prof. Golden sê 'n dier se oog kan selfs ná sy dood afgeneem word mits dit binne ses uur gebeur. Indien die karkas verkoel word, kan 'n bruikbare foto nog ná vier dae geneem word. In die geval van veediefstal kan dit 'n probleem met identifisering wees as die karkas eers later ontdek word. Daarom raai Optibrand boere aan om steeds DNS-identifisering te gebruik (die LidCat-stelsel van die LNR-Diereverbeteringsinstituut) om hierdie nuwe stelsel te rugsteun.

Unieke rekord

Die instituut bêre diere se hare op boere se versoek om 'n onuitwisbare, unieke rekord van die dier te hou, wat ontleed word wanneer dit nodig is. Dan kan die boer in geval van diefstal bewys dit is sy dier. Saam met die DNS, gewone brandmerke en oorplaatjies kan Optibrand dus 'n goeie stelsel van identifisering vorm.

Dit is in elk geval vir 'n boer nuttig om oorplaatjies en brandmerke te gebruik omdat hy sy diere só op 'n afstand kan eien.

Die toerusting vir die neem van 'n digitale foto kos sowat R8 000. Dit is maklik om te gebruik en 'n operateur kan in minder as 'n uur opgelei word. Groot boere kan self een koop en gebruik, terwyl kleiner boere dalk 'n veearts kan oorreed om die toestel te koop om hierdie diens aan te bied.

Volgens dr. Michiel Scholtz, direkteur van die LNR-Diereverbeteringsinstituut, het hulle die lisensie van Optibrand verkry om 'n sentrale databasis vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap te bestuur. Die instituut het reeds met die onderneming AST in gesprek getree om toepaslike sagteware vir plaaslike toestande te ontwikkel, wat binne 'n jaar voltooi behoort te wees.

Die stelsel sal deel wees van die nuwe Geïntegreerde Registrasie en Genetiese Inligtingstelsel (Intergis), wat einde September vanjaar in werking gestel word. Die Intergis maak gebruik van die IRIS-bedryfstelsel, wat alreeds 'n module vir naspoorbaarheid insluit en aan die standaarde van die Europese Unie voldoen.

Die Intergis is deur SA Stamboek met die samewerking van die LNR-Diereverbeteringsinstituut ontwikkel, terwyl AST ook reeds by die ontwikkeling van toepaslike sagteware betrokke was.

Deur die nuwe Intergis te gebruik, sal boere toegang tot 'n unieke sentrale databasis hê, wat vir alles voorsiening maak. Benewens die hantering van diere-aantekeninge en registrasie, hanteer dit ook melkaantekeninge, vleisbeesprestasie en naspoorbaarheid.

Lesers wat meer wil weet, kan in verbinding tree met dr. Japie van der Westhuizen by telbgolden@cgel.agsci.colostate.edu of dr. John A. Shadduck by jshadduck@optibrand. com

23 Augustus 2002

 

0
 
 
  • 1347 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Grootmaak van hanslammers
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction