21 September 2010

4076 keer gelees | 15 kommentaar

Twee veeartse is onder die groep mense wat in hegtenis geneem is vir die vermeende renosterstropery op groot skaal.


Twee veeartse is onder die nege mense wat in hegtenis geneem is vir hul vermeende betrokkenheid by ’n sindikaat wat renosters vir hul horings doodmaak.

Luidens ’n berig op Nuus24.com en Beeld se webwerf kom die betrokke veeartse van Modimolle (voorheen Nylstroom) in Limpopo.

Volgens kol. Vishnu Naidoo, woordvoerder vir die Polisie, is die verdagtes “die meesterbreine” van die landwye sindikaat. Die vermeende wildstropers is vasgetrek deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens se spesialiseenheid, die Valke, in samewerking met die Burgerlugvaartowerheid, Sanparke, die Nasionale Vervolgingsgesag en die Departement van Natuurbewaring.

Die verdagtes is in aanhouding in Musina se polisieselle, sê Naidoo in ‘n berig op News24.com. Hulle sal Woensdag (22 September) in die hof verskyn waar die spesifieke klagtes teen hulle aangekondig sal word.

Sowat 210 renosters is reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak in Suid-Afrika.

Bron:
Nuus24.com
News24.com

21 September 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2011/11/30 05:54:48 PM

Die staat is so desperaat om iemand te vang en te kruisig vir die stropings dat hulle enige jan rap en sy maat sal aankla sodat hulle aan die publiek kan wys dat hulle hulle werk gedoen het. ek stem saam met Leon dat al hierdie mense wat hulle so beskuldig en veroordeel die moed sal hê om omverskoning te vra as hulle onskuldig bevind word. almal is onskuldig totdat die hof hulle skuldig bevind!


Leon van Rensburg

2011/04/12 10:21:58 AM

Al hierdie mense wat hierdie veeartse so kruisig, hoop ek gaan die oordentlikheid hê om , as hulle onskuldig bevind word, omverskoning te vra. Ek sal geld daarop wed dat hulle dit nie sal doen nie, want dit is gewoonlik lafaarts wat iemand aanval wat hom nie self kan verdedig nie. Maak seker julle feite is reg voor julle klippe gooi. Plaas dat julle wag tot hulle skuldig bevind word voor julle, julle bekke so groot rek.


Onbekende besoeker

2010/09/24 09:49:32 PM

Ek kannie glo hoe 'n veearts wat veronderstel is om 'n diereliefhebber en beskermer te wees, so laag kan daal nie.. Ons word gevra om te help om die swartrenoster van uitwissing te probeer red ens. Terwyl hulle nie 'n duit omgee of daar EEN oorbly nie, solank hulle net hul GELDHONGER kan "probeer" stil. AS al die renosters utgeroei was, wat was volgende op hul lys???


LOUIS MARAIS

2010/09/23 03:53:23 PM

Hierdie twee veeartse moet van die rol geskraap word en nie toegelaat word om verder te praktiseer nie. Hulle is klaarblyklik ook in die wildvang bedryf. Dus moet die WTA hulle verhoed om enige verdere wild te vang. Die sg. Beroepsjagters wat betrokke is, se Permitte om as Beroepsjagters op te tree moet ook gekanseleer word. Van hierdie beroepsjagters betrokke by hierdie aangeleentheid was alreeds aangekeer agv wanpraktyke wat hulle tot in Zimbabwe gepleeg het. Wat onverstaanbaar is, is die feit dat hulle saak eers April aangehoor sal word. Goed en wel, maar hulle permitte moet onverwyld gekanseleer word. PHASA moet nou ook hier intree. Die Wild organisasies in SA sal dit ondersteun. Hierdie persone MOET swaar strawwe kry, want hulle het onberekenbare skade aan die beeld van die Wildbedryf veroorsaak.


Eugene Leonard

2010/09/23 02:32:47 PM

Dit is jammer!


Christian Brewis

2010/09/23 12:46:11 PM

N Skryende skande. Laat die gereg swaar op hulle neerkom. Geldgierigheid van die mense maak my naar tot in my binneste. En die gebruikers van die horings is net so skuldig. Vuilgoed


BOER

2010/09/23 12:29:16 PM

laat hulle los in 'n boma met swart renosters en keer dat hulle nie kan uitklim nie


Onbekende besoeker

2010/09/23 12:22:04 PM

And these are the people who are suppose to love and care for our animals, what a joke.


scorpiondip

2010/09/23 12:13:26 PM

Dit is werklik n baie depressiewe saak. Maar soos my Oom Siebert altyd gesê het, 'n werker steel een of twee skape, of jou boor of so, maar 'n witman steel n bakkie vol skaap of klomp beeste, hy doen altyd n ordentlike ding. Is hierdie nie dalk die punt van die ysberg nie? Gaan hier nie dalk ander wurms uitkom nie? Renosterhoring was sekerlik nie die enigste smokkelhandel wat in die bedryf plaasgevind het nie. Of is dit? Is hierdie mense wat gevang word nie dalk klein vissies nie? Wie weet...? Gaan die hart van die wildbedryf nou oopgeruk word en die etiek van sy deelgenote nou soos 'n Julius Malema op die bedryf se brood gesmeer word?


Ria van der Merwe

2010/09/23 12:07:17 PM

Hulle het geen genade vir die arme onskuldige diere gehad nie, nou moet daar ook met hul straf geen genade getoon word nie. Wat het die diere aan hulle gedoen sodat hulle so moet ly?


Michael de Jager

2010/09/22 09:27:05 AM

Enige misdaad is strafbaar, en ek persoonlik glo n "rolmodel", soos in hierdie geval n veearts, moet verskriklik swaar gestraf word oor die verkrampte voorbeeld wat gestel word! Dis jammer dat die wereld mag, wat maar geld is, so n mens se siel kan verwronge maak...! Meeste van ons in SA kry swaar agv verskeie redes en omstandighede, maar n mens moet nogsteeds jou inkomste eerbaar verdien.


Maggie

2010/09/22 08:59:21 AM

Veeartse! Dít het ek nie verwag nie.


Annetjie

2010/09/21 10:39:20 PM

Maak 'n voorbeeld van hulle en skrik so die res ook af!


Onbekende besoeker

2010/09/21 12:52:52 PM

Sny hulle horings ook af !!


Boer

2010/09/21 09:23:00 AM

Hierdie is nou ongelukkig 'n misdaad waarvoor 'n oortreder tronk toe moet gaan

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights