|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
Die veldbrandseisoen is reeds aan die gang en verskeie brande het reeds in die Potgietersrus Distrikslandbou-unie (DLU) se dekkingsgebied in Limppopo, voorgekom, het mnr. Philippie de Beer, voorsitter van die DLU, gesê.
Volgens De Beer is dit noodsaaklik vir plaaseienaars om by georganiseerde landbou betrokke te raak. Sodoende kan hulle vinnig hulp kry wanneer 'n brand op 'n plaas uitbreek. De Beer meen as 'n plaaseienaar nie lid van die DLU is nie, maar wel hulp versoek, kan daar in die toekoms geld gevra word vir dienste gelewer.
Dit is ook van deurslaggewende belang dat vuurvegters in goeie werkende toestande gehou moet word, het De Beer gesê. 'n Brand kan onbepland uitbreek en dan moet die gemeenskap gereed wees om op te tree. “Ons het goeie samewerking met die weermag op Crecy en bedank hulle daarvoor,” het De Beer gesê.
14 Oktober 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
De Beer meen as 'n plaaseienaar nie lid van die DLU is nie, maar wel hulp versoek, kan daar in die toekoms geld gevra word vir dienste gelewer...
So leer mens elke dag iets nuuts.
Ek was onder die indruk dat die wet 'n grondeienaar verplig om te help met die verspreiding van 'n brand.
Maar ek het nie geweet dat so eienaar nou kan geld verhaal van sy bure omdat hy gehelp het nie.
Kan iemand my help en se waar ek die wysiging in die wet kan kry ?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)