|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
‘n Veldtog teen plaasmoorde is deur die TLU SA van stapel laat loop.
Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die organisasie, sê dié besluit is geneem omdat hierdie jaar reeds ’n toename in plaasmoorde blyk te wees in vergelyking met verlede jaar.
Sedert die begin van Januarie is ses landbou-produsente reeds op hulle plase vermoor in vergelyking met die een moord verlede jaar Januarie.
Van Zyl sê dié situasie is totaal onaanvaarbaar. “Ons poog nou al jare lank om die Regering te oortuig om aksie te neem. Tot dusver het niks wesenliks gebeur nie, en al antwoord wat ons gekry het is dat plaasmoorde nou ‘hoogstens kommerwekkend is, maar nie meer ’n prioriteit is nie.’
Regering het 'dowe oor'
“Die TLU SA kry die indruk dat die Regering ’n dowe oor draai en daarom het ons nou geen ander keuse nie as om van ander metodes en kanale gebruik te maak om te poog om ons landbouprodusente, wat die land se voedselvoorsieners is, te beskerm,” sê Van Zyl.
“Ons kan dalk nie getel word in terme van ons getalle nie omdat daar maar ongeveer 35 000 kommersiële voedselprodusente oor is. Ons behoort egter geweeg te word in terme van ons bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie. As ons egter die Suid-Afrikaanse verbruiker kan mobiliseer in steun vir die voedselprodusente, kan hierdie gewig in terme van ekonomiese meting heelwat swaarder word.
Die TLU SA het ons ’n SMS-diens in werking gestel waardeur mense ’n boodskap van steun kan gee, maar waardeur hulle ook ’n klein donasie kan maak wat gedeeltelik gebruik sal word vir ‘n internasionale bewusmakingsveldtog, en gedeeltelik vir die unie se traumafonds, wat bedoel is om slagoffers van plaasaanvalle te ondersteun.
SMS teen plaasmoorde
Mense wat die TLU SA se aksies in hierdie verband wil ondersteun, word gevra om ‘n SMS te stuur na 48716 en die word TLUSTOP as boodskap in te tik. Elke boodskap kos R10 en sal gebruik vir die internasionale veldtog en die traumafonds. Mense kan ook hulle naam plaas op die TLU SA se webblad as deel van ’n petisieveldtog teen plaasmoorde. Die webadres is www.tlu.co.za.
Die unie se internasionale bewusmakingsaksie begin ook vandeesweek. Die TLU SA se assistent-hoofbestuurder van kommunikasie, mnr. Henk van de Graaf, is tans in Europa waar hy die volle dimensie van plaasmoorde onder die aandag sal bring van talle politieke partye, regeringslui en ander belanghebbendes. Die hoogtepunt van sy besoek is ’n besoek aan die Europese parlement, waar hy die hoofspreker sal wees op ’n openbare vergadering van Europese parlementslede oor plaasmoorde in Suid-Afrika.
“As die Regering dan nie na ons, wat die kommersiële voedselvoorsieners verteenwoordig, wil luister nie, sal ons ander metodes moet gebruik om die regering te beweeg tot aksie,” sê mnr. Van Zyl.
31 Januarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek stem saam met Frans Van Erk, dan wil ek ook net sê ek glo dat solank as wat ons land se regering nie 'n Christelike regering met opregte geloof in God is nie sal dit aanhou swaar gaan met ons en die boere.Ek weet egter verseker soos wat God die handjie vol gelowige boere op 16 Desember gered het teen 'n oormag.
Hy ons ook nou sal beskerm en red, want ons is steeds net 'n handjie vol soos destyds. Ons het Geloof en Vertroue in 'n Lewendige God , iets wat hulle nie het nie,ons moet net vashou daaraan , niemand kan dit van ons steel of uitmoor nie.Sterkte vir al die boere ons bid vir julle elke dag.
Baie dankie TLU SA dat jul die inisiatief neem om hierdie noodsaaklike veldtog te begin, ons staan bankvas agter julle. Ons bid ons Vader se Seen af oor hierdie veldtog en glo dat die regering van die dag tot besinning sal kom en dat geregtigheid sal geskied. Amen
Dit is vir my ook onaanvaarbaar, my seun het wonderbaarlik n aanval oorleef op 7 Des 2010 en vandag 14 maande later is die aanvallers vry,die aanvalswapens nog nie gevind en EK staan alleen en loop my net in mure vas en word by die dag minder gewild. Waar gaan dit eindig, is ek die volgende slagoffer? johan w schoultz. tel 084 700 6306.
Ek is 'n gereelde vroue leser van die Landbouweekblad en hierdie ongekende toename in plaasmoorde is kommerwekkend aan die begin van die jaar... Niemand gaan my keer om te boer op my plaas nie. As dit die manier is om ons te probeer verdryf van plase om die grondoorname "makliker" te maak sien ek groot probleme vir hulle - dis hoe ek daaroor voel. Ek stem saam met Frans. Dit wys ook vir my dat hulle bang is want dit is meestal bejaarde boere wat aangeval word!! Bennie van Zyl ek staan 100% agter jou!!
Ja jammer dat hierdie gewetenloosheid in so 'n mooi land moet gebeur. Dit is hoog tyd dat daar saamgestaan en saamgepraat moet word, sodat hierdie wreedheid tot 'n einde moet kom. Ek kan mos nie sommer oor die straat stap en my buurman gaan moor net omdat ek 'n grief teen hom het nie! Daar moet beslis besin word oor hierdie geweldige onreg wat ons mense aangedoen word. Ek ondersteun julle beslis en bid dat daar uiteindelik sukses sal kom.
Sterkte en God se seën word almal toegebid in hierdie mooi land van ons.
Dankie TLU dat julle vir ons boere 'n stem word in die buiteland ons het dit sooo nodig!!!
Indien die 35.000 resterende voedsel produsenten, saam met kleinere boere, 'n leer op die been bring om hulle te beskerm moet hulle die kostes verhaal op die VERBRUIKER. Hierdie beskermings kostes kan hulle dan verder aftrek van hulle brutto winst.
Wanneer 'n bok oppasser (zuma) miljoene kan bestee om se waardeloosheid op te pas, vind ek dat die produsente die volste reg het om hulle goed en lewe te beskerm.
Speel die bal in die korrupte regering se veld.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)