Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Verbod-op-namibiese-vleis-deels-gelig

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 22:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:71%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Verbod op Namibiese vleis deels gelig

 

Sekere beperkings op die invoer van lewende hawe en vleis uit Namibië na Suid-Afrika is gelig, onderhewig aan sekere maatreëls.

In ‘n nuusverklaring sê Suid-Afrika se Departement van Landbou, Bosbou en Visserye die verbod op die invoer van wilds-, bees- en bokvleis asook afval uit Namibië vir persoonlike verbruik is gelig, mits dié vleis nie van diere uit die geraakte Slenkdalkoorsgebiede is nie.

Kliënte aan wie permitte vir die invoer van 200 kg biltong toegestaan is, en wat graag wildsvleis na Suid-Afrika wil bring, moet geskrewe toestemming van die department se permitkantoor kry. Die perk vir die toegelate hoeveelheid biltong verlaag dan tot 100 kg.

In ‘n spesiale nuusbrief het die Namibiese Landbou-unie meer inligting oor die gedeeltelike opheffing van die verbod aangebied:

Lewende hawe (bees, skaap, bok en wild) na Suid-Afrika moet vergesel wees van ‘n SA veterinêre invoerpermit asook ‘n gesondheidseritifkaat wat deur Namibiese direktoraat van veeartseny uitgereik is, onderhewig daaraan dat:
* Diere nie deur ‘n Slenkdalkoors besmette omgewing beweeg nie (dit is slegs die plase wat tans onder kwarantyn is as gevolg van Slenkdalkoors).
* Diere afkomstig is van plase wat nie binne ‘n radius van 5 km van ‘n plaas is wat besmet is nie.
* Beeste, skape en bokke wat deur Botswana beweeg, moet steeds ingeënt wees en ‘n onttrekkingsperiode van 21 dae deurgemaak het.
* Diere wat nie geënt is nie, kan dus slegs deur die Ariamsvlei en Noordoewer-grensposte na Suid-Afrika beweeg.

Oor vleis en biltong sê die NLU:
* Vleis afkomstig van die bek-en-klouseer vrye sone kan uitgevoer word sonder die vereiste verkoeling soos voorheen van toepassing.
* Wildsvleis vir eie gebruik kan uitgevoer word onderhewig aan ‘n gesondheidsertifikaat van die Namibiese direktoraat van veeartseny, wat aandui dat die diere nie afkomstig is uit ‘n gebied onderhewig aan Slenkdalkoors nie.
* Biltong en droëwors tot 200 kg is onderhewig aan ‘n SA Veeartseny-invoerpermit asook ‘n gesondheidsertifikaat van die Namibiese direktoraat van veeartseny. Die SA invoerpermit is verkrygbaar by die SA Veeartseny-permitkantoor in Pretoria by tel.: 0027 12 3197420, of faks 0027 12 3296892, of per e-pos: Julie-AnnC@daff.gov.za

Beweging van diere in Namibië
Die beweging van alle diere is toelaatbaar met die normale bewegingspermit uitgereik deur Namibiese direktoraat van veeartseny, uitgesluit diere vanaf die plase onder beperking van Slenkdalkoors.
Die beweging van diere vanaf besmette plase is onderhewig aan inentings met ‘n onttrekkingsperiode van 21 dae.

Sien ook nuusverklaring hieronder, in PDF-formaat.

7 Junie 2010

Addisionele dokument

application/pdf icon
Press_release_5.pdf
0
 
 
  • 1582 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Dr. Frans Saaijman 
07 Jun 2010 17:52

Dieregesondheid is en sal in die toekoms van kardinale belang wees. Om nou 'n paar biltongjagters gelukkig te maak en daardeur die wild en rooivleis bedryf in gevaar te stel , is om die minste te sê bitter onverantwoordelik.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Minder aartappels na markte
  • Mielie-oes in VSA kan pryse knou
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction