|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
’n Vereniging vir geenbewerking vir die Wes-Kaap word op Woensdag, 8 Junie op Elsenburg gestig.
Die doel vir die stigting van dié vereniging is om ’n gespreksforum te skep waar boere, die bedryf en navorsers skouer kan skuur en kennis kan uitruil ten opsigte van geenbewerking, sê dr. Johann Strauss, senior navorser van produksie by die Instituut vir Plantproduksie van die Wes-Kaapse departement van landbou op Elsenburg.
“Suksesse kan gedeel en probleme bespreek word en só kan ons geenbewerking opnuut laat veld wen.”
Strauss was in September 2010 ’n lid van ’n geenbewerkingstoer na Argentinië om te kyk en ervaar hoe boere daar dié praktyk toepas. Meer as 90% van die saaiplase in Argentinië is onder geenbewerking. Strauss het die eerste treë gegee om ’n vereniging in die Wes-Kaap te stig.
Die stigtingsvergadering begin om 08:30 op Elsenburg met registrasie en dit sal teen middagete afgehandel wees. Van die gaste wat die vergadering bywoon, is dr. Ilse Trautman, direkteur van Tegnologie, Navorsing en Ontwikkelingsdienste by die departement van landbou in die Wes-Kaap, en mnr. Richard Findlay, die genooide spreker en bestuurslid van die KwaZulu-Natalse geenbewerkingsklub. Mnr. Francis Steyn, ’n bekende in bewaringsboerdery, sal die stigting van die nuwe komitee behartig.
Die byeenkoms is in die Percheron-saal van die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding op Elsenburg.
Kontak: Dr. Johann Strauss, tel (021) 808 5479, Sel: 082 907 3109, of e-pos: johannst@elsenburg.com.
19 Mei 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)