Vereniging vir plaaswerkers in Hexvallei

 

Die Hexvallei Tafeldruif Assosiasie (HTA) het ‘n plaaswerkervereniging gestig na aanleiding van ‘n inisiatief van mnr. Gerrit van Rensburg, die Wes-kaapse LUR vir landbou. Plaaswerkers lewer ‘n baie belangrike bydrae tot die landbou en hierdie forum gaan hulle die geleentheid gee om sake wat hulle regstreeks raak, te kan bespreek.

In ‘n nuusverklaring sê Agri Wes-Kaap en die HTA dat die Hexvallei Plaaswerkervereniging, onder voorsitterskap van mnr. André Plaatjies, reeds besig is om op grondvlak met ander plaaswerkers in die vallei te kommunikeer. Die kwessies wat bespreek word, sal op gereelde basis deur die vallei se verteenwoordiger, me. Cathleen Beerwinkel, aan Van Rensburg oorgedra word.

"Ons het ten doel om as spreekbuis tussen belangegroepe, bv. die minister se forum, die HTA en mense op grondvlak op te tree. Ons wil plaaswerkers bemagtig op die regte manier deur die korrekte inligting by hulle uit te kry", sê Plaatjies.

Me. Elza Jordaan, uitvoerende voorsitter van die HTA, sê die assosiasie het die grootste vertroue in en agting vir die mense in die komitee en weet dat die vereniging groot waarde sal toevoeg tot die landbou en veral die wisselwerking van kommunikasie sal bevorder.

Vir verdere navrae, kontak vir Elza Jordaan, by tel. 023 356 2606; sel 082 802 1345 of epos elza@hexvallei.co.za  of Andre Plaatjies by sel 083 402 5645 of epos denonna@jsjordaan.co.za

9 Februarie 2010

1
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.