|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
Wynliefhebbers kan Suid-Afrika se spogwyne proe en met die bekroonde wynmakers oor hul suksesresep gesels.
Die eerste proegeleentheid van wyne wat met dubbelgoue en goue Veritas-medaljes spog, is op 13 Oktober van 17:00 tot 21:00 in die Holiday Inn in Strandstraat, Kaapstad. Op 28 Oktober wag daar 'n dubbeldosis-wynproeplesier op wynliefhebbers in Johannesburg. Die Veritas-wenwyne word van 17:00 tot 21:00 met die samewerking van WineX by die Sandtonse konferensiesentrum aangebied.
Toegang vir die Kaapse proe is R80 en vir die gekombineerde Veritas/WineX-wynproe in Johannesburg R140, maar om net die Veritas-wyne te proe, kos R90. Die toegangsgeld sluit 'n wynproeglas, sakboekie met vanjaar se volledige Veritas-uitslae en versnaperinge in.
Bespreek vroegtydig by Computicket, of besoek die webwerf www.computicket.com.
Bel Elsabé Ferreira, tel. 021 807 3104 of stuur 'n faks aan 021 863 2079. Haar e-posadres is ferreira@vinpro.co.za vir meer inligting of besoek die Veritas-webtuiste by www.veritas.co.za.
3 Oktober 2003Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24