|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
Maatskappye wat skuldig gevind is aan onmededingende praktyke in die broodbakbedryf moet hul berou toon deur brood teen kosprys te verkoop, sê me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye.
Sy meen dit is nie genoeg dat samespannende voedselmaatskappye net boetes betaal as hulle aan onmededingende praktyk skuldig bevind word nie. Mnr. Hans van der Merwe, uitvoerende direkteur van Agri SA sê Joemat-Pettersson se uitspraak moet reg geïnterpreteer word.
Lees ook:
Broodkartel: Die storie agter die skandaal
“Dit klink of sy die punt maak dat daar ’n morele plig op die bakkers rus om verbruikers vir hul skade te vergoed.” Hy sê die idee dat vergoeding aan benadeeldes gegee moet word is moeilik versoenbaar met Suid-Afrika se huidige regsbeginsels.
Mnr. Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA, weet nie hoe ekonomies haalbaar Joemat-Pettersson se voorstel is nie.
Dr. Kobus Laubscher, hoofbestuurder van Graan SA, sê dit is nie ’n aanvegbare voorstel deur Joemat-Pettersson nie, maar hy bevraagteken die uitvoerbaarheid daarvan. Hy sê die Regering kan self heelwat doen om die broodprys te verlaag. ‘n Beter infrastruktuur (soos spoorvervoer) en ‘n beter beleidstruktuur is twee voorbeelde daarvan.
Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende direkteur van die Meulenaarskamer, sê die bakkers is reeds gestraf.
19 April 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
die kompetisie kommissie het gekom en gegaan en hul werk gedoen. maar die koste van brood het nog net gestyg daarna, niks het afgekom nie. daar was ook groot boetes betaal deur die kartel, waarheen is die geld? definitief nie terug in my taks koffer nie? ek is dan die een wat die brood betaal het maar nou koop manuel nog 'n R1m BMW daarmee.
Dink dit is 'n goeie idee. Dit moet net uitvoerbaar wees. Met boetes word die persone wat deur die aanvanklike lae pryse geboender is nie bevoordeel nie. As dit teen kosprys verkoop word, spaar die koper wat hy verloor het.
Het sy geen vertroue in haar regering se eie regstelsel nie ? Indien wel. Hoekom wil sy die mense nou twee keer laat straf ?
Miskien moet die mense in die regering begin grootword.
Sulke uitlatings dra net by tot emosionele uitbarstings deur die massas.
Maar wie weet. Miskien is dit wat die regering eintlik wil he ?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)