Boere in die Oos-Kaap wat al vir maande onder ernstige droogte gebuk gaan kan verligting in die vorm van R228 miljoen se ramphulp verwag. Dié aankondiging is as deel van die Begrotingsrede deur mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies gemaak.
Sake24 berig dat die fondse uit die munisipale toelaag vir droogteverligting kom. In die Suid-Kaap is R26,9 miljoen deur die Nasionale Tesourie aan veeboere in die Eden-distrik toegeken om voer vir hul diere te voorsien.
18 Februarie 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)