Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Vermy-so-n-zimbabwe

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 22:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:71%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Vermy so 'n 'Zimbabwe'

 
Deur CHARL VAN ROOYEN

Boere moet die deure van geleenthede vir hul mede-landsbewoners oopmaak sodat 'n tweede Zimbabwe vermy kan word, het mnr. Charl Senekal, suiker- en wildboer van Mkuze in KwaZulu-Natal en die noordelike streek van die Landbouskrywersvereniging van Suid-Afrika se Boer van die Jaar, in Pretoria gesê.

Hy het verwys na die chaos met grondhervorming wat blanke boere in dié buurland nou van hul grond dwing.

Mnr. Senekal het gesê hy is 'n ware Suid-Afrikaner wat wil hê alle landsbewoners moet suksesvol wees. Daarom behoort ander boere sy voorbeeld te volg deur hul ervaring en vaardighede te gebruik om gemeenskappe op te hef.

Hy stel jaarliks R250 000 beskikbaar om gemeenskappe in sy omgewing by te staan. Hy verskaf drinkwater aan bykans 500 000 mense, het 'n rollermeule gebou en is besig om 'n hoenderplaas vir die gemeenskap op te rig. Hy gaan ook 300 ha besproeingsgrond aan sommige van sy werkers beskikbaar stel.

Sy boerdery behoort van die jaar 2008 sowat 600 000 ton suikerriet per jaar te produseer en hy gaan sy eie suikermeule bou.

Mnr. Senekal het 24 jaar gelede 'n klein lappie grond gekoop en daarop begin boer. Vandag het hy 22 plase, wat 18 000 ha grond, waarvan 4 000 onder besproeiing is.

Dr. Kit le Clus, voorheen bestuurder: navorsing en ontwikkeling van Graan Suid-Afrika en deesdae 'n konsultant in die ontwikkeling van graanmarkte, is dié streek se Landboukundige van die Jaar vir 2002.

Dr. Le Clus, oud-leerling van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria en oud-student aan die Vrystaatse Universiteit, waar hy ál sy grade verwerf het, het hom by Graan SA beywer om graanboere te help om die ekonomiese lewensruimte waarin hulle produseer, sover moontlik te beskerm en te verruim. Dr. Le Clus het gehelp dat boere toegang tot die beste moontlike produksiehulpmiddele teen die laagste moontlike pryse het.

Ná die beëindiging van die eenkanaal-bemarkingstelsel is hy verskeie kere oorsee om met belanghebbendes in internasionale markte te onderhandel sodat Graan SA die boere kan help met die bemarking van hul graan. Só het hy boere se belange beskerm en kon hy 'n leidende rol in die uiteindelike ontwikkeling van die vrye mark vir mielies en ander grane in Suid-Afrika speel.

Mnr. Senekal en dr. Le Clus kom nou teen die finaliste van die ander twee streke van die vereniging (Sentraal en Wes-Kaap) te staan. Die nasionale wenners word op 1 November in Pretoria bekend gemaak.

27 September 2002

 

0
 
 
  • 1562 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Swakker rand help wolmark
  • Skuldiges sal boet
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction