|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
Water van ‘n aanvaarbare gehalte se langtermyn beskikbaarheid moet verseker word.
Dít was die eerste van die 19 uitkomstes wat ná Agri SA se waterkonferensie in Kempton Park saamgestel is. Verskeie sprekers, waaronder me. Bulelwa Sonjica, Minister van Waterwese en Omgewingsake, het die konferensie toegespreek.
Verskeie landbou-organisasies, departemente en verteenwoordigers van die mynwese het ook die konferensie bygewoon. Die groot probleme ten opsigte van water, die besoedeling van waterbronne deur die landbou, myne en rioolstorting en ander redes vir die sogenaamde waterkrisis, is bespreek.
Van die afgevaardigdes uit die mynwese het ontsteld opgemerk dat nie alle myne die omgewing besoedel nie terwyl verskeie boere opgemerk het dat die besoedelingsprobleme op die front van die landbou weer net voor die deur van kommersiële boere gelê word.
Die Nasionale Beplanningskommissie
Volgens die uitkomste word versoeke aan die Nasionale Beplanningskommissie gerig om onder meer te sorg dat watergehalte en die doeltreffende benutting daarvan as ‘n startegiese prioriteit van die Regering aanvaar moet word. Die verantwoordelikheid van koördinasie tussen staatsdepartemente betrokke by watersake en die bestuur daarvan is ook voor die deur van die kommissie gelê.
Verdere navorsing
Die uitkomste bepaal ook dat gevallestudies en verdere navorsing gedoen moet word oor die impak van besoedelde water op die landbousektor en dat navorsing wat reeds afgehandel is onder beleidsmakers se aandag gebring moet word.
Die gebrekkige nasionale begroting vir water-infrastruktuur moet ook dringend met die Minister van Waterwese en die Tesourie bespreek word. “Die taakgroep soos vermeld deur die Minister van Waterwese, om haar te adviseer oor waterbesoedeling, watermeting, waterbesparing, water-aanvraagbestuur en watergebruikstariewe moet dringend gefinaliseer word,” lui die uitkomste dokument.
Die konferensie het ook bevind dat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye versoek moet word om die voorgenome besproeiingsbeleid te finaliseer.
12 Augustus 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)