|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
Suid-Afrikaners sal voortaan meer wynplase op hul rekenaars en selfone kan sien met die uitbreiding van Google se Street View.
Luidens ’n berig op News24.com sluit die lys van wynplase wat nou op die rekenaarprogram te sien sal wees, Boekenhoutskloof-wynlandgoed, Groot Constantia, Hartenberg, Môreson, Rustenburg-wyne en Warwick in.
Altesame 30 van die land se wynplase is nou op Street View te sien. Die program gaan verder uitgebrei word om Botswana se stede en toerisme-attraksies in te sluit.
Opdatering
“Ons is baie opgewonde oor die opdatering van Street View om meer beeldmateriaal van die Kaapse-wynland beskikbaar te hê en ons sien uit na die uitbreiding van die tegnologie na Botswana,” sê me. Julie Taylor, hoof van kommunikasie en skakelbeampte van Google in Afrika suid van die Sahara.
Dié program het al tot omstredenheid in verskeie lande gelei, met kommer oor die skending van privaatheid en die beskikbaarheid van inligting aan terroriste. Baie dele van Suid-Afrika, soos informele nedersettings buite Kaapstad en Soweto en groot dele van die Noord-Kaap is nog nie op Street View te sien nie.
Bron: News24.com
6 Februarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Nee ek stem saam! Wil nie eers daaraan dink wat deesdae sonder google moes doen nie. Mens spaar net ongelooflik baie tyd & geld met hul "freemium" besigheidsmodel op al hul produkte!
Dis fine as die plekke van die pad af kan gesien kan word, maar as google street view se kamera tussen die geboue fotos begin neem, raak ek bekommerd. Dus sal elke deur & venster van elke gebou op 'n plaas gesien kan word sonder om die perseel te besoek. Tensy daar gebreek of gebou word tussenin 3 maande. Sommige plekke oorsee word self binne in die geboue afgeneem so mens kan net dink wat die toekoms kan inhou.
Miskien kyk ek net te diep na die hele kwessie, maar die ander vraag: is dit regtig nodig om tot die geboue af neem? Veral op plase. Obviously besoek mense wynplase om wyn te proe(en drink), maar tussen die bekende & minder bekende wynplase sal die bekende plase baatvind by die projek van google. Tans is meer as 50% van die Wes-Kaapse wynplase bankrot of in die mark. Google street view kan ook nadelig wees vir kleiner boere wat deesdae letterlik uit die bedryf gedryf word.
Ek glo steeds iemand moet verantwoordelikheid neem vir die bloodstelling van sulke inligting of dit moet op een of ander manier gereguleer word.
Google Earth is BRILJANT! Ek kan nou 3D lugfotos van my plaas sien en gebruik om opmeteings in 'n oogwink te doen! Beplanning van kontoere en die opmeet van nuwe heinings is kinderspeletjies.
Street View werk wonderlik as ek 'n trokdrywer na 'n onbekende adres moet stuur om hom te wys hoe die plek van die staat af lyk. Deur die tegnologie te gebruik het ek al baie frustrasies uitgeskakel.
Wat die veiligheid betref: die meeste beelde is ouer as 3 maande, so enige persoon wat 5 minute terug by 'n perseel verby geloop het, het 'n beter idee hoe dit lyk en watter bewegings daar is as iemand wat op sy rekenaar na die perseel kyk.
Daar hang steeds 'n GROOT vraagteken oor die veiligheid sou die soort van tegnologie toegelaat word om op plase toegepas word. Veral in Suid-Afrika wat die enigste land in die wereld is waar die kanse beter is dat 'n persoon vermoor sal word as wat die persoon sal sterf in 'n motorongeluk. (Bron: e-nuus)
Sal Google veiligheid kan verseker? ...en op watter wyse?
En die GROOT vraag: Wie is veratwoordelik?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)