Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Verslag-oor-plaasmoorde-byna-gereed

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 22:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:71%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Verslag oor plaasmoorde byna gereed

 
Nico van Burick

Die lank verwagte verslag oor die oorsake van plaasmoorde sal na verwagting einde vandeesmaand aan mnr. Charles Nqakula, Minister van Veiligheid en Sekuriteit, oorhandig word.


Mnr. Martin Schönteich, 'n senior navorser by die Instituut vir Veiligheidstudies en woordvoerder van die komitee, sê die verslag word nou afgerond en die komitee hoop om dit einde Januarie gereed te hê. Dit is in hierdie stadium net in Engels en die ondersoekkomitee moet nog besluit of dit eers vertaal sal word voor dit oorhandig word en of 'n vertaling later sal volg.


Die ondersoek is bykans twee jaar gelede in opdrag van wyle mnr. Steve Tshwete, mnr. Nqakula se voorganger, begin ná 'n onderneming van die Regering om dringend onafhanklike navorsing te laat doen na die motiewe en faktore wat tot plaasaanvalle lei.


Die ondersoek moes al maande gelede afgehandel gewees het, maar die taak was groter as wat enigeen verwag het, sê die voorsitter, adv. Charl du Plessis, afgetrede prokureur-generaal van die Noord-Kaap. Namate die ondersoek gevorder het, was daar ook voortdurend nuwe voorvalle en omstandighede om in ag te neem.


Die ondersoek is in November op 'n vergadering van die werkgroep met die kommersiële landbou en verskeie ministers, onder voorsitterskap van pres. Thabo Mbeki, uitgesonder as 'n sleutelkwessie waarmee vordering gemaak is. Mnr. Nqakula het toe onderneem om voor die einde van die jaar die verslag bekend te maak.


Hy het gesê die ondersoek was omvattend en ingewikkeld, maar dit sal hopelik nuttige insigte lewer om misdaad op plase te bekamp.


17 Januarie 2003

0
 
 
  • 1589 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Gevulde tamaties
  • Wildbedryf, natuurbewaring moet hande vat
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction