Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Vertroue-landbou-neem-toe-0

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 22:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:71%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Vertroue in landbou neem toe

 
Deur ALANI JANEKE

Die LBK/IDC-Landbousake se vertroue-indeks is reeds ’n jaar lank positief met die hoogtepunte wat in 2011 bereik is, sê die Landboubesigheidskamer (LBK). Luidens ’n verklaring het die indeks in die tweede kwartaal van 2011 op 62,7% te staan gekom.

Dit is sowat 1% hoër is as in die eerste kwartaal van 2011, maar 12% hoër teenoor die indeks van die tweede kwartaal in 2010. Vir dié tydperk het die indeks op 55,7% te staan gekom, wat die eerste positiewe persentasie sedert die derde kwartaal van 2008 was.

Veranderinge
Die indeks het in 2009 sy laagste punt nog, onder 35%, bereik. Dit is toegeskryf aan die invloed van die wêreldwye ekonomiese insinking op die plaaslike ekonomie.

Luidens die verslag het landbou-ondernemings verlede jaar in die ooreenstemmende tyd onder lae kommoditeitspryse en die invloed van droogtes op boere se inkomste deurgeloop. Die jongste indeks dui aan dat kommoditeitspryse herstel het. Die weerstoestande het ook verbeter met beter oeste en vee van ’n beter gehalte wat gelewer word.

Druk
Talle ondernemings dui egter aan dat hulle, veral weens hoë kragtariewe en stygende brandstofpryse, steeds druk ervaar. Dié ondernemings konsentreer gevolglik op kostebesnoeiing. Al hoe meer van dié ondernemings verwag dat hulle eerder poste gaan verminder as om nuwe werksgeleenthede te skep.

Die meeste landbou-ondernemings ervaar ook afnames in uitvoervolumes, met die volstruis- en wildsvleisuitvoerbedryf wat onder geweldige druk is weens die uitbreking van die H5N2-virus en bek-en-klouseer. Alle uitvoerbedrywe, insluitend die wyn- en vrugtebedrywe, ervaar tans druk weens plaaslike probleme en die swak buitelandse verdienstes vanweë die sterk rand.

Die LBK sê hoewel die indeks oor die afgelope jaar geleidelik gestyg het, verwag hy dat die indeks oor die volgende maande gaan afplat en sywaarts beweeg.

27 Mei 2011
 

0
 
 
  • 1215 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Wie smous met BK’s?
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction