|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
’n Beweerde vingerfout het glo ingesluip met die publikasie van die minimum loon vir plaaswerkers, wat groot verwarring veroorsaak, sê Agri SA.
Die Departement van Arbeid het in die Staatskoerant van 18 Januarie 2012 afgekondig dat die minimum loon wat op 1 Maart vanjaar van krag word, R374, 10 per week is.
Dié bedrag moet egter R347,10 wees, sê me. Elize van der Westhuizen, bestuurder van menslike hulpbronne by Agri SA. Sy sê die departement het onlangs die basis vir die bepaling van minimum lone vir plaaswerkers vir die volgende drie jaar bekend gemaak.
Dié fout is reeds met die departement bespreek en Van der Westhuizen sê hulle gaan ’n brief aan me. Mildred Oliphant, Minister van Arbeid, rig om te vra dat dit in die Staatskoerant reggestel moet word.
Ander vrae
Van der Westhuizen sê hulle gaan ook vrae oor die bepaling van die verhoging van 9,3% vir plaaswerkerlone vir die jaar aan die minister rig.
Die verhoging vir dié jaar is op 9,3% bereken, en verskeie vrae bestaan oor die metode en data wat gebruik is om die basis vir verhogings vir die volgende drie jaar te bepaal. Van der Westhuizen sê die verhoging is gegrond op Oktober verlede jaar se VPI-koers vir die laagste kwintiel van die bevolking, naamlik 7,8%, plus 1,5 persentasiepunte vir voedselinflasie.
“Ons wil graag weet hoekom Oktober 2011 se data gebruik is. Die afgelope ses jaar is November se data gebruik, want die departement se bepalings sê die data van die maand wat ses weke voor die instelling van die verhoging bekend is, moet gebruik word,” sê Van der Westhuizen. Verder is ’n ekstra 0,5% vir voedselinflasie ingereken, waar die voedselinflasiesyfer vroeër op 1%, en nie 1,5% nie, vasgestel is.
“Dit wil vir ons voorkom of daar ’n ‘cherry pic’ gedoen is oor die VPI-syfers, en ons wil weet watter proses gevolg is om dié persentasie te bepaal en hoe dit vir die volgende drie jaar bepaal gaan word. Geen boer kan begroot as hy nie weet watter data gebruik gaan word nie,” aldus Van der Westhuizen.
3 Februarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Zuma het darem standard 6. Wat 'n skande vir 'n land!!
soos jy dit stel...hoe kry jy dit in hulle koppe...ek wens ek kan weet!
moet jy nie teveel worry oor die wat nie wil werk nie , ons weet almal dat daar n klomp is wit pienk en geel, my voorman kry amper dubbel die betaling wat hy moet , maar vanaf desember tot en met nou was hy nog nie een naweek nugter nie , hy het ook besluit om net te loop want hy het huislike probleme
Die regering propageer dat hulle kwansuis werk wil skep, maar in die tussentyd is hulle eintlik besig om stemme te werf en op die manier is hulle besig om werkgeleenthede te verminder. Ons het ongeveer 20 mense in diens. So 3/4 jaar gelede het ek 'n personeelvergadering met my mense gehad en hulle gevra hoeveel van hul mans/vrouens werk. Daar was net 1 vrou wie se man gewerk het. Kom ons skep 'n senario dat elke huishouding 4 persone het wat oud genoeg is om ekonomies aktief te wees. Nou werk 1 persoon vir R1500 en hy sorg vir 4 mense. As die aanvangs-minimum loon verminder word (kom ons neem 'n voorbeeld vir R700) en die ander 3 persone kan ook tot die arbeidsmag toetree dan verdien daardie huishouding R3600 en onmiddelik is daar sommer 3 persone minder wat tyd het om misdaad te pleeg.Ek sê nie die ou hande moet R700 verdien nie maar om iemand van die pad af te vat, hy verstaan niks van werk nie bahalwe dat hy wil geld hê, en hy laat hom nie leer nie want hy het skool geloop en hy is nie eintlik regtig 'n taal magtig nie is vir 'n boer onmoontlik om te akkomodeer. En dan word daar nog 110 eise ook gestel waaraan die boer moet voldoen. Dit is net nie haalbaar nie. Maar ai, wie sal dit in iemand se kop kry. Duidelik kon die Pres. van die IMF dit nie eers tot Zuma se kom laat deurdring nie, want sien hy het ook sy skool geloop.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)