|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
‘n Voormalige Land Bank-amptenaar en drie ander mense verskyn op 21 Julie in die landdroshof op Polokwane op agt aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery.
Sapa berig dat mnre. Theo Behrens, Max Mathebula, Jacobus Coetzee en me. Elsa Behrens daarvan beskuldig word dat hulle die Land Bank se Mafisa-bemagtigingsfonds uitgebuit het. ‘n Vyfde verdagte is glo nog op vrye voet.
Behrens, ‘n voormalige bankamptenaar, is op borgtog van R10 000 vrygelaat en sy mede-beskuldigdes is met ‘n waarskuwing laat gaan toe hulle op 3 Junie in die hof verskyn het.
Die viertal sal weer op 21 Julie in die hof verskyn wanneer ‘n verhoordatum na verwagting vasgestel sal word.
Mafisa is ‘n bemagtigingskema wat lenings teen ‘n lae koers aan swart plaaswerkers of entrepreneurs wat wil boer, uitleen. Mafisa is in Limpopo van stapel gestuur, maar is gestaak nadat dit aan die lig gekom het dat meer as R18 miljoen onregmatig bestee is.
Behrens is glo in Desember 2006 afgedank nadat die bank in ‘n dissiplinêre verhoor bevind het dat hy by wanbestuur betrokke was. Behrens se aksies het hom na bewering meer as R3,5 miljoen in die sak gebring.
14 Junie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Dagse Hennie,
In die geval van Mafisa het dit spesifiek na swart entrepreneurs verwys. Gegewe die Suid-Afrikaanse geskiedenis aanvaar ek dit sluit ook Kleurlinge en Indiers in.
Vanwee die bedrog is Mafisa gevries en dus baat niemand nou daarby nie.
Sal jy belangstel in 'n berig oor moontlike lenings vir jong blanke beginnerboere? Ek kan altyd uitvind.
Groetnis!
Susan
(susan.botes@landbou.com)
Dis die regte stappe wat geneem word. Slegs vir interesantheid wie word geklassifiseer onder entrepeneurs - jong beginner blanke boere ook?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)