|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
Sowat 150 houers (3 000 ton) bees- en varkvleis uit Brasilië wat vir die Suid-Afrikaanse mark bestem was, is teruggestuur nadat bek-en-klouseer in Brasilië uitgebreek het.
Die wegwysing van dié vleis deur Suid-Afrika se veeartsenydiens behoort nie 'n beduidende invloed op die prys van beesvleis te hê nie, maar kan die varkvleismark, waar reeds 'n tekort bestaan, erg omkrap.
Mnr. Manie Booysen van Samic sê die beesvleis wat teruggestuur is, was hoofsaaklik vir verwerking. Die geringe styging nou in beesvleispryse skryf hy hoofsaaklik toe aan die seisoenale styging wat jaarliks in die Kerstyd voorkom.
Ten opsigte van varkvleis is dit 'n ander prentjie. Varkpes gaan waarskynlik tot gevolg hê dat tot 80 000 varke in Suid-Afrika vernietig word. Dit sal beslis 'n tekort aan varkvleis veroorsaak.
Dit kan nou nie meer uit Brasilië aangevul word nie. In die besending wat teruggaan, is hoofsaaklik ribbes, ham en lendestukke. Daar is wêreldwyd 'n tekort aan dié vleis wat dit moeilik gaan maak om ander verskaffers te vind.
Nog 'n wending is dat voëlgriep, 'n siekte wat mense doodmaak, ook nou wêreldwyd hoendervleis verdag maak. Tot nou toe is dié vleisbedryf se groei grootliks toegeskryf aan verbruikers se vrese vir siektes soos malbeessiekte en die gevaar van hartvatsiektes wat aan rooivleis toegedig is.
Met die gevaar van voëlgriep kan daar nou dieselfde soort weerstand teen pluimveevleis opbou wat die vraag na rooivleis kan prikkel. Dit kan die tekort aan rooivleis wat wêreldwyd bestaan, verder laat groei, meen Booysen.
11 November 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24