Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Vleisbedryf-nou-eens-oor-heffings

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 22:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:71%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Vleisbedryf nou eens oor heffings

 
LOUW PRETORIUS

Statutêre heffings vir die rooivleisbedryf is nou 'n werklikheid. Al die betrokkenes in die lang produksie- en verwerkingsketting van die bedryf het eenparig op 'n vergadering van die Rooivleisbedryfsforum van Suid-Afrika in Pretoria besluit om by die Minister van Landbou aansoek te doen om die instelling van 'n proporsionele statutêre heffing vir die bedryf.


Finale besonderhede oor die voorgestelde vleisheffing sal eers bekend wees nadat die aansoek by die bemarkingsraad ingedien is. Deel hiervan is die omvang van die heffings, hoewel betrokkenes dit as 'n voorvereiste stel dat dit vir almal bekostigbaar moet wees.


Die omvang van die heffings wat by elke punt ingevorder gaan word, sal eers bepaal kan word wanneer die begrotings vir elke funksie in belang van die hele bedryf op die tafel is. 'n Heffing van 8 % soos tans redelik algemeen genoem word, is 'n skoot in die donker, sê woordvoerders van verskeie organisasies in die bedyf met wie Landbouweekblad gesels het.


Aanduidings is dat die heffings oor 'n breë front ingesamel sal word. Uiteraard sal dit by die slagplase begin. 'n Gedeelte sal deur ingevoerde vleis en huide gedra word, terwyl aan dit aan die uitvoerkant net op huide en velle gehef gaan word. Laasgenoemde is belangrik omdat dit die enigste manier is om bosslagterye vir 'n bydrae te betrek. Ook die handel gaan betrek word.


Die insameling van die heffings sal waarskynlik deur 'n onafhanklike struktuur gehanteer word. Die gedagte is dat die voordele van 'n trust of 'n artikel 21-maatskappy vir dié doel dalk die aangewese weg is.


Die wetlike bepalings oor die aanwending van statutêre heffings is baie duidelik dat die geld nie vir organisatoriese doeleindes aangewend mag word nie. Dit beteken dat die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) byvoorbeeld vir dié doel met hul vrywillige heffings sal moet voortgaan. Dienste in belang van die hele bedryf, soos 'n behoorlike inligtingsdiens, sal uit heffings gefinansier kan word. Mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuurder van die RPO, sê die organisasie is opgewonde om deel van die proses te wees.


Voortaan gaan geld in elk geval jaarliks net op grond van 'n behoorlike sakeplan toegedeel word, terwyl bewys van prestasies aan die einde van elke jaar 'n vereiste sal wees. Heffings word vir tydperke van vier jaar op 'n keer ingestel met jaarlikse aanpassings gegrond op die behoeftes van die bedryf.


Aanduidings is dat die finale aansoek nie later nie as einde Oktober by die bemarkingsraad ingedien gaan word.

3 Oktober 2003

0
 
 
  • 1354 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Landbou nie enigste in SAID se BTW-visier
  • Oorwinning vir wapeneienaars
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction