|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
Die Rooivleisbedryfsforum gaan voort met ’n hofinterdik om die staat te probeer verplig om die landsgrense beter te beskerm teen die uitbreking van siektes, soos bek-en-klouseer, sê mnr. Lardus van Zyl, nasionale voorsitter van die RPO.
Hy het op Noordwes se RPO-kongres by Hartbeesfontein gesê ‘n besluit is geneem om nie die hofaansoek te beëindig nadat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye met padblokkades en beheer in die besmette bek-en-klouseergebied begin het nie.
“As die bevel toegestaan word, wil ons die staat dwing om om te sien na die grensheining met Zimbabwe en die bufferstroke langs die Mosambiekse grens. Daar word al tien jaar lank daaroor gepraat en ondersoeke gedoen, maar niks gebeur nie.”
Die bufferstrook
Hy meen die hoofoorsaak vir die uitbreking van die bek-en-klouseer in die noorde van KwaZulu-Natal is die bufferstrook onderkant die Ndumu-wildreservaat en die Tembe-olifantreservaat wat heeltemal tot niet is.
“Die plaaslike inwoners is net so woedend daaroor. Daar is al in 2007 sowat R27 miljoen begroot vir herstelwerk, maar niks het gebeur nie en die geld is net weg. Dit is ’n sprekende voorbeeld van swak bestuur wat tot miljoen rande se skade weens bek-en-klouseer lei.”
Van Zyl sê die forum se regspan is opdrag gegee om die departement se witskrif oor die invoer van diere met gesplete hoewe uit Afrikalande te ondersoek. “Dit is ’n skokkende dokument wat juis mooi saamgeval het met die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika wat nie beheer kon word nie. Ons gaan nie hierdie witskrif aanvaar nie en sal dit met mening beveg.”
31 Mei 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)