|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
Die stad van Kaapstad se veldtog om een vleislose dag per week te ondersteun het gister weer pak slae gekry by ‘n geleentheid op Worcester waar die Wes-Kaapse kabinet met die landboubedryf ontmoet het.
Mnr. Gerrit van Rensburg, provinsiale minister van landbou, het ‘n beroep op ryk mense gedoen wat so ‘n keuse wil uitoefen om eerder op Maandae hul vleis vir armes te gee, maar om nie op te hou om vleis te koop nie.
“Ek wonder wat hulle gaan sê as ons ‘n dag afkondig waar niemand besigheid mag doen nie?”
Volgens mnr. John Durr, Wes-Kaapse voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie, sluit die veldtog nie net rooivleis in nie, maar alle diereproteïen. Hy meen dit kan ‘n verwoestende impak op voedselsekuriteit en die welstand van die bedryf hê.
Kaapstad is een van sewe stede in die wêreld wat die organisasie vir medelye in die wêreld se boerderye (CWIF) se veldtog van een vleislose dag per week ondersteun. Kapenaars moet eerder vrugte, groente en graan eet. Volgens CWIF is dit nodig vir die welstand van diere, die gesondheid van mense en om klimaatverandering te beveg.
Die besluit is in Julie afgekondig, maar groot ongelukkigheid heers omdat die vleisbedryf nie in die saak geken is nie.
“Ek doen ‘n beroep op die stad om ons tog daarin te ken as hy só ‘n besluit neem. Ons kan nie toelaat dat ons mekaar seermaak nie.”
Hy meen die organisasie se statistiek rondom die hoeveelheid water wat nodig is om ‘n kilogram vleis te produseer, is “twak”.
“Daar gaan so baie mense dood aan ‘n proteïentekort. Ons sal dié saak op die hoogste vlak moet bespreek.”
11 November 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek wou eers 'n gematigde opmerking laat maar ter nadenke het ek besef dat dit net op dowe ore sal val. Ek geniet 'n lekker snit bees- en skaapvleis so veel soos enige Afrikaner. Ek kom ook uit 'n familie wat al vir baie geslagte met vee boer en ek het nog self belang by 'n plaas wat vir bees weiding gebruik word. Op 'n vroeë ouderdom moes ek egter my rooivleis inname drasties verminder as
gevolg van artritis probleme. My lewens kwaliteit het ongelooflik verbeter sedertdien. Voorheen kon ek beswaarlik my arms oplig of loop weens pyn in my skouers en knieë. Deesdae is ek 'n gretige fietsryer, swemmer en lang afstand stapper. Niks hiervan sou moontlik gewees het as ek hardkoppig gebly het en aangehou het om groot hoeveelhede rooivleis te eet nie. Dit is ook tog 'n welbekende feit dat hoë rooivleis inname 'n bydraende faktor is by hart probleme. Ek wil nie eers begin praat oor die gesondheids impak van die hormone, steroïdes en anti-biotikas waarmee die diere volgepomp word nie. Julle weet waarvan ek praat, ek is bewus dat heel party vleisboere 'n privaat organiese kuddetjie iewers in 'n aparte kampie vir eie gebruik aanhou. Verder is die skrif aan die muur rakende veeboerdery se omgewings impak en dit is bloot hardkoppigheid om te wil voorgee dat dit propoganda is. Om die regte ding te doen is nie altyd maklik nie en vir 'n vleisboer is dié sekerlik 'n moeilike pil om te sluk. Ek het egter altyd geglo dat sterk morele waardes 'n hoeksteen is van Afrikaner wees. Dit is tog sekerlik nie aanvaarbaar om leuens te verkoop ten bate van persoonlike wins nie.
Wie kan nou in elk geval bekostig op 7 dae van die week vleis te eet, maar ek sal self besluit watter dag ek vleis eet of nie. Ek eet wat ek wil wanneer ek wil. Miskien moet ons eerder iets doen om die middelman uit te skakel wat meer wins uit die vleis maak as die boer.
Ag ek dink die mense soek net sensasie en besef nie regtig wat hulle se nie. VLEIS is ten minste goeie waarde vir geld.
Ai mense , moet tog nie so op hol gaan oor niks nie . Daar is so baie voorbeelde van mense wat ledig is en dan sulke snert voorstelle maak. Daar sal elk geval niks van kom nie. Maandag is daar weer vir die klomp leegkoppe iets anders om oor te snuif. Dis nou soos om nie wyn te verkoop op `n sondag nie, die wyndrinker koop saterdag klaar.
Wat 'n uitstekende geleentheid vir 'n advertensieveldtog vir die vleisbedryf. Almal se aandag word dan nou so lekker op vleis gevestig. Kom manne, maak die meeste daarvan.
Party mense het regtig niks beter om hulself mee besig te hou nie. Wat 'n jammerlike bestaan voer hul nie.
Ons sal daardie klomp beeste moet opeet wat so baie metaangas vrystel anders raak die aarde te warm. Wat van ten misnte twee vleisdisse per dag om aardverwarming tee te werk?
Hulle moet die Eskimos probeer oortuig om Maandae glad nie te eet nie. Hulle is 100% afhanklik van dierlike proteien.
Jammer vir hulle, groen of te not, ek eet wat ek wil wanneer ek wil as ek dit kan bekostig. Hulle skryf nie vir my voor wat ek waar en wanneer mag eet nie.
Ons moet dink daaraan dat daar te veel mense op die aarde is en as net die Sjinese en Indiërs wil opskuif na middelklas dan het ons nog twee planete nodig. Eet brood en kaas Maandae asseblief. Sny jou kaas so dik soos die biefstuk of tjoppie. As die planeet groet dan groet ons almal want daar is GEEN wegkomkans nie. Onthou Leon Schuster se liedjie - "brood en kaas eet die baas". . . asseblief!
Ja wragtig. Wat dink die mense. Hulle maak die somme net na die een kant toe maar na die ander kant word dit nie gemaak nie want ek is seker Green Peace se ouens betaal hulle 'n weelderige bedrag om dit te doen. Eet vleis manne dit is hoekom dit daar is en hoekom ek met skaap boer. Daar ribbetjie gaan nie homself eet nie...
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)