Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Vleispryse-maak-bokspringe

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 22:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:71%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Vleispryse maak bokspringe

 
Deur ANDRIES GOUWS

Die pryse van lewende speenkalwers en lammers was verlede week op die veiling in Kroonstad feitlik dieselfde, iets wat lanklaas (indien ooit) gebeur het.

Kenners in die bedryf is nie seker oor presies wat vir die benoude bokspringe verantwoordelik is nie, maar ’n ooraanbod van lammers, ’n skaarste aan speenkalwers en platsak verbruikers lyk na die beste verklaring.

Op die Kroonstadse veiling het kopers op 10 Januarie gemiddeld R23,00/kg vir speenkalwers ligter as 200 kg betaal, gemiddeld R21,55/kg vir speenkalwers van 200 kg tot 250 kg en gemiddeld R19,54/kg vir speenkalwers swaarder as 250 kg.

Op 12 Desember was dié pryse onderskeidelik R22,43/kg, R21,62/kg en R20,12/kg. In September verlede jaar was dit onderskeidelik R21,08/kg, R19,89/ kg en R18,40/kg. Die wisseling in speenkalfpryse was in dié tyd gemiddeld minder as sowat R2/kg.

Lammers ligter as 30 kg is op 10 Januarie teen gemiddeld R24,39/ kg verkoop en slaglammers teen gemiddeld R21,62/kg. In Desember verlede jaar was die gemiddelde pryse onderskeidelik R25,84/kg en R22,05/kg teenoor die gemiddelde pryse van onderskeidelik R28,51/kg en R27,05/ kg in Augustus. Slaglammers was dus in Augustus sowat R5/ kg duurder.

Mnr. P. J. Muller, bemarkingsbestuurder van die afslaersonderneming CMW Elite op Frankfort, sê die verskynsel van die pryse van speenkalwers en lammers wat só saamloop, is vir hom uiters seldsaam.

Hy meen daar is nou ’n goeie vraag na speenkalwers omdat boere die diere koop om dit self markgereed te kry. Dit is vir hulle makliker om kalwers af te rond as skape. Terselfdertyd is daar nou ’n ooraanbod van lammers omdat die meeste boere dieselfde tyd speen en die lammers oor ’n betreklike kort tyd bemark.

Daarby is die verbruikers platsak ná die Kers- en vakansietyd en voerkraaleienaars sê vleis verskuif nou baie stadig. Hy verwag egter dat met die hoë mielieprys speenkalfpryse binnekort gaan begin daal en dat lamsvleis eersdaags weer duurder gaan word wanneer die aanbod afneem en boere lammers begin soek om op die oesreste van hul bone markklaar te maak.

Klik hier vir die nuutste veilingspryse.

18 Januarie 2012

4
 
 
  • 1179 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Is veilingstelsel se tyd uitgedien?
  • Veeboere-skuld ingevorder
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction