Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Voedingskundige-vermoor-plaasaanval

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 22:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:71%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Voedingskundige vermoor in plaasaanval

 
Deur CORLI VAN DER MERWE

’n Boer en voedingskundige van Mpumalanga is gisteraand (22 Januarie 2012) doodgeskiet in waarskynlik die vierde plaasmoord vanjaar.

Mnr. Francois du Toit, wat as voedingskundige by Alzu Voere gewerk het, is op die plaas Kwalata naby Roossenekal in Mpumalanga aangeval. Mnr. Henk den Graaf, woordvoerder vir die TLU SA, sê Du Toit het sy honde op die plaas hoor blaf en gaan ondersoek instel. Hy is glo geskiet pas nadat hy die voordeur oopgemaak het.

Volgens ’n kollega van Du Toit by Alzu Voere wat nie sy naam genoem wil hê nie, was daar vermoedelik drie aanvallers by die plaasmoord betrokke. Hulle het Du Toit se vrou en kinders vasgebind en met vuurwapens en selfone in twee van die egpaar se voertuie gevlug. Die voertuie is later op die plaas teruggevind.

Geweldige slag
Volgens dié kollega was Du Toit ’n gewaardeerde kollega en is sy dood ’n geweldige slag vir die maatskappy. Intussen sê Van den Graaf dat die TLU SA baie bekommerd is oor die aantal plaasmoorde en -aanvalle wat tot dusver vanjaar plaasgevind het.

“Daar was sover vier plaasmoorde en vyf aanvalle volgens ons rekord. Drie van die plaasmoorde was in Noordwes en nou dié een in Mpumalanga. Dit is baie kommerwekkend. As die res van die jaar teen dieselfde trant voortgaan, gaan dit ’n swart en bloederige jaar wees,” sê Van den Graaf.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens kon nog nie bereik word vir kommentaar nie.

23 Januarie 2012

3
 
 
  • 2202 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Johan willemse 
27 Jan 2012 23:16

Ons diepste hartseer aan Alzu en Francois se mense.mag julle die krag vind om voort te gaan.Ja ons is christene maar wanneer gaan ons ophou om die ander wang te draai? Francois en ander soos hy verdien dit nie! Dit is tyd dat ons opstaan en rug styf maak!

  • antwoord
Onbekende besoeker 
24 Jan 2012 12:53

Die straf wat aan plaasmoorde en aanvalle gekoppel word dien nie as afskrikking nie-na goeie gedrag en 'n kort gevangenisstraf is parool die maklikste manier om dit weer te doen en weer die pap te eet wat die boer wat hy vermoor het geproduseer het-sonder om daarvoor te betaal.

  • antwoord
Hill van Schalkwyk 
24 Jan 2012 12:43

Die regering so blatante onvermoe om plaasaanvalle en algemene wet en orde te handhaaf is eintli, skokkend! Die regering is rugraatloos en in alle afdelings net eenvoudig pateties. Die probleem is die algemene ondersteuner weet nie beter nie. Ons sit en wag.....maar doen bogger-all! Ons skryf die een verslag en rapport maar dit is waar dit eindig. Kyk bv . Na die renoster sage dit is n verdere toonbeeld dat hille nie in beheer van sake is nie. Korupte klomp etters!

  • antwoord
Onbekende besoeker 
24 Jan 2012 12:27

Doodstraf!!?? Hier is te veel onreabiliteerbare BARBARE in Suid Afrika.

  • antwoord
Onbekende besoekerFlip Du Preez 
24 Jan 2012 12:12

Dit slaan mydronk dat in die hele grote rsa daar nie genoeg breinkrag is om hierdie absolute onmenslike en christelik onaanvaarbare toedrag van sake met wortel en tak uit te roei nie.Ek het drie seuns en 'n dogter en ek het hulle dissipline geleer en vandag pluk ek en my vrou die wonderlikste vrugte daarvan,ek kan maar net vertrou dat GOD ons mooi land in sy uur van nood sal aansien en sal sorg vir die regte man op die regte tyd

  • antwoord
DIRK LESCH 
24 Jan 2012 11:33

Hang die gemors !!!!!!!

  • antwoord
Adele Rothmann (mede-voedingskundige) 
24 Jan 2012 10:22

Francois, ons gaan jou mis. En die industrie en die boere nog meer. Aan Francois se gesin en familie: mag God julle weer heel maak en mag julle vrede vind...

Dis baie hartseer wat besig is om te gebeur in hierdie mooi land van ons. Ek weet nie meer wat om te dink of te se nie...

  • antwoord
Onbekende besoeker 
24 Jan 2012 06:55

Plaas moorde gaan SA nog duur kos dit is die enigste industrie waaraan mens n land se gesondheid kan toets, die probleem le nie by die polisie nie meeste plaas moorde word opgelos,en skuldiges gaan tronk toe, Skryf bietjie julle voorstelle oor wat gedoen moet (kan) word,

  • antwoord
Onbekende besoeker 
23 Jan 2012 23:46

God seën jou familie Kiepie. Jy gaan geweldig gemis word. Was goed om jou te ken. Van Benoni & Brandwag Hoërskool

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Grondpryse in SA styg skerp
  • Alle veeverliese nie diefstal
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction