|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
Die Melkprodusente-organisasie in die Vrystaat sê hy het die afgelope week skenkings van sowat 300 ton voer van boere in dié provinsie en ook Noordwes ontvang. Dit volg ná mnr. Koos Pienaar, provinsiale voorsitter van die MPO, vroeër ‘n beroep op boere gedoen het om hul eweknieë in die droogtegeteisterde Oos- en Wes-Kaap by te staan.
Pienaar sê ‘n boer van die Lichtenburg-omgewing het 1 000 bale voer geskenk, terwyl skenkings van 50 en 20 groot bale uit die distrikte van Paul Roux en Petrus Steyn ontvang is.
Logistieke uitdagings
Volgens Pienaar ondervind hulle tans logistieke probleme met die vervoer van die bale. “Ons hoop dat daar boere is wat vragmotors vir die vervoer van die bale beskikbaar sal stel, of dalk vervoerkontrakteurs. Die boere in dié gebiede trek swaar en het nie geld om vir die vervoer van die bale te betaal nie”.
Pienaar sê die meerderheid van dié bale sal aan boere in die Humansdorp omgewing geskenk word. Hy sê hulle hoop dat hulle in staat sal wees om ‘n 1000 ton voer vir die doel in te samel.
Departement monitor
Intussen sê die Departement van Omgewingsake en Waterwese verskeie planne is reeds in plek om inwoners in die droogtegebiede by te staan en watergebruik te beperk.
Mnr. Mava Scott, woordvoerder vir die departement, sê me. Bulyewa Sonjica, die Minister van Omgewingsake en Waterwese, het Adelaide en Kuruman die afgelope week besoek. Luidens ‘n verklaring was die besoeke deel van ‘n nasionale veldtog om watergebruik te beperk en kreatiewe maniere te vind om water aan gemeenskappe in die droogte geteisterde gebiede te voorsien.
Volgens die verklaring hou die departement die situasie fyn dop, aangesien sommige damme gevaarlik leeg is. In die George-omgewing is die Tuinroete-dam tans 30% vol, terwyl die Wolwedans-dam 37,1% vol is. Die Uitenhage en Cacadu distrikte in die Oos-Kaap het verlede jaar slegs 69% van hulle gemiddelde reënval gehad. Die westelike dele van Noordwes ervaar ook erge droogte toestande, asook die Phalaborwa distrik in Limpopo en die noordelike dele van KwaZulu-Natal.
Lees ook:
Droogtekrisis in verbruiker se guns
21 Januarie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)