Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Voorbrande-nie-ideaal

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 22:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:71%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Voorbrande nie ideaal

 
Deur CHRIS WAGNER

Boere kan hul plase teen brande beskerm sonder om die grondstruktuur en —lewe te beskadig, skryf die voorsitter van die Bela-Bela-brandbeskermingsvereniging, mnr. Chris Wagner.

Die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande vereis ondubbelsinnig van elke grondeienaar om 'n brandbaan om sy eiendom te maak wat sal verhoed dat 'n veldbrand van of na sy eiendom versprei.

Dit word aan die grondeienaar oorge-laat om te besluit hoe hy die baan vry van brandbare materiaal gaan kry en hou. Die wet sê dan dat wat ook al gedoen word, nie gronderosie mag bevorder nie.

Hoewel onbeheerde veldbrande inderdaad groot gevaar inhou en voorkom moet word, weet elke boer wat sy sout werd is dat kaal grond 'n onverantwoordelike uitnodiging vir gronderosie is, hetsy deur wind, water of voertuig- en veeverkeer.

Deesdae is nie alle grondeienaars gesoute boere nie. Selfs landbouers gee nie altyd die nodige voorkeur aan die skep van brandbane en die voorkoming van onbeheerde brande nie.

Wisselvallige weerstoestande gooi boonop dikwels selfs die toegewyde bewaringsboer se sake omver. Vanjaar is 'n sprekende voorbeeld. Boere sit reeds vroeg in die herfs met 'n situasie waar die voorkoms van wegholveldbrande 'n wesenlike gevaar is vergeleke met ander jare waar dit eers teen laat winter of vroeë lente die geval is.

Elke grondeienaar wat dus as verantwoordelik en toerekeningsvatbaar gereken wil word, sal tydig en daadwerklik die nodige aandag aan brandbane moet gee.

Op taamlik gelyk grond wat sag is, blyk die antwoord doodeenvoudig te wees om met 'n skottelwerktuig 'n baan rondom die grens te maak. Die grond in sulke bane is egter selde werklik gelyk en erosie volg dan.

In die geval van klipperige en golwende terrein — deesdae gewilde grond vir die skep van leefstylontwikkelings — word ewe voortvarend met kragtige grondverskuiwingsmasjiene ingeklim en 'n baan oopgedolwe. Maar binne 'n jaar of twee sit dié grondeienaar met erosieslote om sy plaas.

Wat staan 'n mens dan te doen as jy die wet wil gehoorsaam asook jou plaas en die natuurlewe daarop teen vernietigende brande wil beskerm, maar nie later groter probleme met erosie wil hê nie? Is daar 'n volhoubare uitweg?
Die antwoord is om die basiese kennis waaroor ons reeds beskik, toe te pas.

Die boonste 100 mm van onversteurde grond bevat die meeste lewe en die grond dieper as dit word gewoonlik as dooie grond beskou. Daardie boonste lagie grond het 'n ingeboude vermoë om lewe te onderhou en homself in stand te hou. Versteur jy dié grond deur bewerking, ondermyn jy die lewenskrag daarvan. En as jy dit met padskrapers of soortgelyke toerusting verwyder, ontbloot jy die dooie grond. Albei metodes maak die deur vir erosie oop.

Die sagste moontlike behandeling, wat minder gevaar inhou as die tradisionele voorbrande wat alte dikwels hand uitruk, is 'n kombinasie van chemiese en fisieke maatreëls vir voorkoming en doeltreffend georganiseerde bestryding tydens brande.

Grondeienaars kan die onderstaande metode oordeelkundig volgens hul spesifieke omstandighede aanpas.
In die eerste fase, verkieslik in 'n droë tydperk, moet klippe en ander ongewenste materiaal, soos bosse en bome, in 'n strook van 4 meter tot 6 meter wyd langs die grens met 'n stoot- of padskraper verwyder word. Dit moet met die minimum versteuring van die bogrond gepaardgaan.

Dit behoort 'n wye baan te laat waarop jy met veiligheid met 'n plaastrekker of vierwielaangedrewe bakkie kan ry.

In die tweede fase, verkieslik so laat moontlik in die groeityd, maar wanneer daar nog aktiewe groei van die verskillende grasse voorkom, moet die boer die grasbaan met die uiterste sorg met 'n onkruiddoder bespuit. Dié middel moet slegs die bogrondse dele van die plante doodmaak en nie die lewende wortelstelsel binnedring nie. Die wortelstelsel sal verseker dat hergroei plaasvind om in die volgende jaar grondbedekking te voorsien.

As 'n tweede stap in hierdie fase moet die boer dan die dooie bogrondse plantreste met 'n paar ou padskraperbande, agter 'n trekker gerangskik, platsleep sodra die plantreste voldoende verweer het.

Grondeienaars wat nie trekkers het nie, kan 'n spuitbalk agter aan 'n vierwielaangedrewe bakkie monteer en 'n vuurvegter, waaroor elke plaas behoort te beskik, gebruik om die spuitstof toe te dien.

In droë jare behoort een behandeling genoeg te wees en tot deur die winter te hou. In nat jare en wanneer dit tot laat in die jaar reën en groei dus tot laat voorkom, behoort bogenoemde stappe herhaal te word.

Om die uitputting van die gras se wortelreserwes te verhoed en groeikragtigheid te behou, moet die hergroei op die bane in die volgende jaar tot so laat as moontlik in die groeityd met rus gelaat word — verkies-lik tot die gras saadgeskiet het — voordat dit bogronds doodgespuit word.

Onder veral wildheinings kan die gras in 'n smal strook heeltemal doodgespuit word om die draad self te beskerm.
Wisselende weerpatrone speel altyd 'n rol en boere moet oordeelkundige aanpassings doen.

Landbouweekblad, 13 April 2007

0
 
 
  • 2093 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Boere moet in hul (koolstof)spoor trap
  • Bartho is wynmaker van die jaar
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction