Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Vpi-daal-oor-laer-kos-inflasie

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 22:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:71%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

VPI daal oor laer kos-inflasie

 
Deur ALANI JANEKE

‘n Skerp daling in voedselinflasie het die verbruikersprysindeks (VPI) in April tot 4,8% laat daal.

Luidens ‘n verklaring van die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) dui Statistieke SA se jongste inflasiesyfers aan dat voedselinflasie op ‘n maand-tot-maand basis met 0,4% gedaal het. Volgends die statistiek het voedselpryse op ‘n jaar-op-jaar basis met 0,9% gestyg.

Die NLBR sê die plaaslike pryse van koring en wit en geel mielies daal steeds, terwyl die prys van sonneblomsaad en die melkprodusenteprys vir die tydperk April 2009 tot April 2010 gestyg het.

Suiker, lekkergoed, nageregte en vrugte het die grootste prysverhogings aangeteken in dig bewoonde gebiede, terwyl koffie en tee die meeste in landelike gebiede gestyg het. Verwerkte voedselprodukte het ‘n jaar-op-jaar prysverhoging van 2,2% aangeteken, terwyl pryse van onverwerkte produkte vir dieselfde tydperk met 1,5% gedaal het.

Hoofrede agter die daling
Dr. John Purchase, die hoof-uitvoerende beampte van die Landboubesigheidskamer (LBK), sê die hoofrede agter dié daling is die feit dat kommoditeitspryse van landbouprodukte plaaslik en internasionaal tans laag is. “As gevolg van ‘n hoë wêreldaanbod wat voedselprodukte betref, is kommoditeitspryse tans laag,” verduidelik hy.

Purchase sê die daling is derhalwe nie noodwendig goeie nuus vir boere nie: “Die verbruiker se voordeel hier is dus die boer se nadeel, want pryse aan boere is tans onder baie druk.”

Purchase sê dit is wel interessant dat die VPI nie gestyg het weens hoër brandstofpryse en kragtariewe wat sedert April van krag is nie.

Vooruitsigte vir komende maande
Purchase meen dat voedselinflasie en kommoditeitspryse vir ‘n paar maande op dieselfde vlakke sal beweeg. “My mening is dat voorraadvlakke hoog gaan bly, wat druk op kommoditeitspryse gaan veroorsaak. Die VPI sal dus in toom gehou kan word. Ek is wel bekommerd oor die invloed van kragtariewe en arbeidskosts, veral die laasgenoemde omdat dit eersdaags weer tyd is vir onderhandelinge oor loonverhogings.”

Volgens Purchase sal die rand die sterk posisie wat dit tans teen die dollar en die euro het, vir ‘n paar maande behou, en dit sal ook ‘n gunstige invloed op inflasie hê.

Lees die NLBR se verslag in PDF-formaat hieronder.

28 Mei 2010

Addisionele dokument

application/pdf icon
Food_Price_Monitor_May_2010.pdf
5
 
 
  • 1909 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Afronding verlaag risiko van bokboerdery
  • SA, Aussies werk saam teen klimaatverandering
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction