Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Vpi-produsentepryse-nou-sigbaar

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 22:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:71%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

VPI: Produsentepryse nou sigbaar

 
Deur ALANI JANEKE

“Verlede jaar se dalings in pryse aan produsente is na verwagting eers nou aan verbruikers deurgegee, want die daling in die verbruikersprysindeks (VPI) na 5,1% in Maart kan hoofsaaklik aan laer voedselpryse toegeskryf word,” sê me. Lulu Krugel, ‘n ekonoom vir KPMG.

Statistieke SA het gister aangekondig dat die VPI vir Maart vanjaar, op ‘n jaar-tot-jaar basis, op 5,1% te staan gekom het. Dit is 0,6% laer as die VPI van 5,7% vir Februarie vanjaar.

Krugel sê die stadige deurgee van pryse aan verbruikers is verrassend. “Ons het nie kon dink dat die verlaging eers nou by verbruikers sou uitkom nie. Ek dink wel daar was druk op groot- en kleinhandelaars om die verlagings van verlede jaar uiteindelik na verbruikers deur te gee”, vertel sy.

Krugel voorspel dat die inflasiekoers volgende maand na 4,9% kan daal, en sy verwag dat dit vir die res van die jaar tussen 5% en 6% gaan bly.

Dieselprys aan die styg
Krugel sê hoewel dié daling goeie nuus vir die verbruiker is, voorsien sy dat stygings in insetkoste ongunstige gevolge vir boere kan inhou. “Veral as mens die verhoogde kragpryse asook die styging in oliepryse in ag neem, kan dit lei tot ‘n moontlike styging in die produksieprysindeks (PPI).”

Sy voorspel dat die Departement van Energie ‘n aansienlike styging in die dieselprys vir volgende maand gaan aankondig. “Die oorverhaling vir diesel staan vandag op 28 sent. Die eintlike prys is 34 sent, maar die sterker rand veroorsaak ‘n daling van 6 sent. Wat die petrol aanbetref sal die styging tussen 12 sent en 13 sent wees”.

Geen verdere rentekoersverlagings
“Ons dink nie dat rentekoerse vir die res van die jaar weer verlaag sal word nie,” sê Krugel. Sy meen die Reserwebank gaan verskeie faktore vir eers dophou voordat ‘n besluit oor nog ‘n rentekoersdaling gemaak sal word.

“Die monetêre beleidskomitee gaan nou eers die uitwerking van die Sokker Wêreldbekertoernooi, stygende oliepryse, die swakker ekonomieë van Griekeland en Spanje, asook hoër elektrisiteitspryse op die land dophou. Ek dink rentekoerse gaan vir die res van die jaar dieselfde bly, met ‘n moontlike 50 basispunt styging aan die einde van die jaar,” sê Krugel.

30 April 2010

0
 
 
  • 1651 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Blaaswurms pla by Boerbokke
  • Berei teelbulle en -ramme voor vir paarseisoen
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction