Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Vrae-oor-lancewood-se-stappe

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 22:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:71%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Vrae oor Lancewood se stappe

 
Deur ALANI JANEKE

Vrae bestaan oor stappe wat Lancewood, ‘n suiwelmaatskappy in George, geneem het om sy melkinname met 70 000 liter per dag te sny, terwyl hy vroeër vanjaar na bewering ‘n bykomende 80 000 liter per dag ingeneem het.

Mnr. Dèan Kleynhans, voorsitter van die Melkprodusente-organisasie, sê die maatskappy se besluit om sy inname te snoei is teleurstellend en verrassend, veral nadat Lancewood vroeër vanjaar ‘n kontrak vir nóg melk aangegaan het terwyl hy voldoende voorraad gehad het.

“Lancewood het met ander produsente onderhandel en kontrakte geteken terwyl hy ‘n voldoende melkvoorraad gehad het. Dít is hoekom dit so ‘n verrassing is.”

Volgens Kleynhans is sekere melkprodusente se kontrakte vroeër by ander suiwelmaatskappye gekanselleer, waarna dié melkboere ander melkkopers moes soek en onderhandelinge só met Lancewood begin is.

Oorspoel van melk
Hy waarsku melkboere dat ‘n oorspoeleffek vir ‘n tyd lank in die melkbedryf gaan voorkom. “Die eerste groep produsente is kennis gegee, en hulle het nuwe melkkopers gesoek. Nóg melkprodusente is nou kennis gegee, en hulle moet óók nuwe melkkopers soek, so daar gaan vir ‘n tyd lank ‘n oorspoeleffek wees.”

Kleynhans raai boere aan om versigtig te wees met hulle beplanning, aangesien daar nou ‘n oorskot melk in die land beskikbaar is.

Mnr. Leon Conradie, ‘n onafhanklike raadgewer van Lancewood, het aan Landbou.com gesê weens die oorproduksie in die mark en Lancewood se posisie, moes dié maatskappy kaasproduksie terugsny. “Ons het besluit om die produksie van melk met laer vastestof-inhoud met 70 000 tot 80 000 liter per dag terug te sny. ‘n Glyskaal is gebruik om vas te stel watter melkstalle se produksie besnoei moet word.”

Lees ook: Tydbom gaan bars in melkbedryf

9 Julie 2010

5
 
 
  • 1686 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Alani Janeke 
09 Jul 2010 10:45

'n Laatberig: Lancewood - 'geen duistere motiewe'

Ek het Vrydagoggend omstreeks 09:00 met mnr. Leon Conradie, ‘n konsultant en raadgewer van Lancewood, gepraat en hy sê daar is geen duistere motiewe agter die stappe wat geneem is nie.

“’n Ander melkkoper het vroeër ‘n produsent se kontrak gekanselleer, en ons het in Februarie die jaar ‘n kontrak met die produsent aangegaan vir sowat 90 000 liter melk per dag. Dié kontrak is aangegaan voor ons geweet het wat in die kaasmark gaan gebeur”, sê Conradie.

Volgens Conradie het kaasprodusente vroeër die jaar kaasvoorrade opgebou vir die komende winter met die hoop dat kaasverbruik dan sou toeneem. “Maar verbruik het afgeneem, wat beteken ‘n ernstige ooraanbod bestaan tans”.

“Geen duistere motiewe was betrokke by Lancewood se besluit om hulle inname te sny nie, en die maatskappy gaan waarskynlik sy inname later nóg moet sny indien verbruik nie styg nie. Dit is bloot ‘n besluit wat geneem is om die onderneming te beskerm”, verduidelik Conradie.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Boer aangerand oor begrafnis
  • Pienkvoet-plesier vir Tickey en Selmé-Louise
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction