Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Vrae-oor-toelating-onderstepoort

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 22:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:71%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Vrae oor toelating by Onderstepoort

 
Deur ALANI JANEKE

Vrae bestaan oor veeartsenykunde toelatingsvereistes by Onderstepoort ná ‘n student met goeie punte nie gekeur is nie.

AfriForum het dié geval onlangs aan die media bekend gemaak te midde van die verskyning van verskeie berigte oor die kommer van die voortbestaan van dié beroep en ‘n tekort aan veeratse, veral in landelike gebiede.

Die organisasie het ‘n versoek aan die Universiteit van Pretoria gerig om sogenaamde verskuilde kriteria oor die toelating van studente by die Fakulteit van Veeartsenykunde openbaar te maak. Dít volg nadat me. Kiara Haylock, met ‘n gemiddeld van 92%, op grond van akademiese prestasie, nie toelating tot die kursus gekry het nie.

Twee maande
Volgens die organisasie het me. Tammy Haylock, Kiara se moeder, AfriForum genader omdat sy meer inligting vereis oor hoekom haar kind nie toelating gekry het nie. Hulle wil ook weet aan watter bykomende kriteria studente gemeet word, sodat daar nie teen enige student gediskrimineer word nie.

Kiara het in matriek sewe onderskeidings behaal, en sy was aanvanklik onder die indruk dat sy toelating verkry het, omdat sy ‘n verwelkomingsbrief van die universiteit ontvang het. Twee maande later is sy egter per sms ingelig dat sy nie keuring vir die kursus gekry het nie.

Demografie
Mnr. Charl Oberholser, voorsitter vir AfriForum Jeug, sê volgens die universiteit se webtuiste sal studente gewerf word om die land se demografie te weerspieël. “Demografie word gebruik om leerlinge van geleenthede te ontneem, want die regering plaas geweldige druk op UP om swart veeartse te lewer, al is dit ook ten koste van ander studente.”

Die organisasie wil met behulp van hulle aansoek vasstel of die universiteit slegs amptelike kriteria gebruik om te bepaal watter studente tot die fakulteit toegelaat word.

Intussen sê die universiteit in ‘n antwoord aan Landbou.com omdat die fakulteit die enigste van soort in die land is, rus ‘n spesiale verantwoordelikheid op die universiteit om seker te maak alle groepe van alle geografiese areas word bedien.

Toelatingsvereistes
Die fakulteit sê hy het sy toelatingsvereistes só ontwerp dat dit studente van verskillende kategorieë toegang kan gee. Die kategorieë is: Skoolverlaters, studente wat oor vorige universiteitsblootstelling beskik, studente wat deur die polisie of weermag genomineer word en ‘n beperkte aantal internasionale studente.

“Dit is inderdaad so dat die fakulteit ʼn aantal plekke reserveer vir studente van aangewese groepe. Die betrokke praktyk is nie eie aan die Fakulteit Veeartsenykunde nie. Soortgelyke reëlings word ook aangetref by onder andere die Fakulteit Gesondheidswetenskappe,” aldus die UP.

Die universiteit wou wel nie inligting rakende Haylock se saak aan die media beskikbaar maak nie, maar hy sê dat dit reeds met haar ma bespreek is.

4 November 2011

3.714285
 
 
  • 1946 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker
14 Nov 2011 13:58

As ouers van 'n onsuksesvolle veeartseny-kandidaat is ons regtig bekommerd oor die kriteria. Verskeie versoeke na die Universiteit het nie regtig vrugte afgewerp nie...Dit is jammer dat 'n passie vir die beroep en twaalf jaar se BAIE harde werk en UITSTEKENDE prestasies klaarblyklik net eenvoudig nie goed genoeg geag word nie...

  • antwoord
Onbekende besoeker 
12 Nov 2011 15:56

My dogter het ook nie keuring gekry nie - sy het vir rekord eksamen 'n gem. van 88% gehad vir 8 vakke.

Ek sal net graag wil weet van watter skole is die swart studente wat toegelaat is. Dis net jammer dat van die "gekeurdes" waarskynlik van presies die selfde skole as die ongekeurdes kom (oud model C skole of privaatskole) - maar dan hoef hulle net soveel minder te werk vir hulle keuring vir medies/veearts ens. Is dit dan regverdig?

  • antwoord
Fred Malan 
10 Nov 2011 08:59

Aan al die ongelukkiges: Ek is self 'n veearts en vir langer as 22 jaar reeds in die beroep, was ook vir 'n tydperk in die akademie asook in besluitnemings posisies in die professie en in privaat praktyk. Ek weet dus (ek dink) waarvan ek praat. Net 'n paar menings: Ek voel kandidate moet streng volgens meriete gekeur word, SONDER in agneming van ras, kleur of geslag. (Soos ons sportspanne behoort te wees, as dit dan opeindig om 'n klas vol mans of dames of Swartes of Wittes te wees EN hulle is volgens die korrekte kriteria gekeur, so be it). Skool of universiteitspunte is eerstens van kardinale belang, aangesien dit makliker is om in te kom as om daar uit te kom (te kwalifiseer) en sterk akademiese vermoëns dus noodsaaklik is - ja, veeartsenykunde is een van die moeilikste kursusse op universiteit en tot op hede het akademiese standaarde by Veeartsenykunde nog nie verlaag nie. Inteendeel, eerder verhoog, wat goed is, want dan kry die publiek veeartse van hoogstaande gehalte, selfs beter as toe ek gekwalifiseer het. Indien onderhoude gehou word, behoort dit eintlik "blind" gedoen te word, sodat identiteit, geslag, ras of kleur nie geidentifiseer kan word nie. Alleenlik dan sal keuring onpartydig geskied (met natuurlik akadenmiese prestasie as basis). Vir diegene wat bang is dat die professie oorgeneem sal word deur enige spesifieke ras/kleur ter wille van regstellende aksie, wil ek net noem dat sekere gemeenskappe en kulture nie opgevoed word met diere, veral troeteldiere, as prioriteit nie. Dus stel die meeste van hul kinders nie belang in 'n beroep soos veeartsenykunde nie. Die gevolg is dat daar nooit, of sekerlik nie in baie van ons se leeftyd, genoeg aansoeke uit daardie gemeenskappe sal kom om die getalle demografies of polities korrek te maak nie. Dus, ek glo daar sal altyd plek wees vir kandidate uit sekere gemeenskappe, al is dit net omdat die plekke wat oopgehou word vir sekere ander kandidate, nie gevul sal word nie. Die plekke sal dan net op die tippie gevul moet word en studente wat regtig belangstel sal bereid moet wees om enige tyd so 'n plek op te neem, al sou dit op 'n ongemaklike tyd van die jaar wees. Baie sterkte aan u almal. Dis 'n edele, hoogs gesofistikeerde en gerespekteerde professie. Kom ons hou dit so.

  • antwoord
Nog 'n hartseer ouer 
09 Nov 2011 16:58

Ek lees van 140 studente per jaar, maar daar is 'n bykomende probleem vir Matrikulante van 2010. Die kursus verander in 2012 van 7 jaar na 6 jaar kursus. As gevolg hiervan is ons kind wat laasjaar matrikuleer het in kennis gestel deur die departement dat daar geen inname vir 2011 is nie. Die fakulteit stuur 'n skrywe uit wat kinders aanbeveel om 'n 'gap-jaar' te neem of Biologiese wetenskappe te gaan studeer om besig te bly. Daar is geen voordeel vir studente wat hierdie kursus solank volg nie - nié 'n beter kans op keuring nog krediet vir vakke - géén voordeel. Nou kom ek by die eitlike probleem, in 2012 word 'n dubbelmaat aansoeke ingeneem (2 jare se matrikulante) en daar word nog steeds net 140 toegelaat. Aan ons is verduidelik dat na die verpligte kategorië gevul is daar maar net so 40 plekke oop bly vir ons kinders van oor die hele land. Mens kan nêrens anders Veeartsenykunde studeer nie en jy moet jou maar by hierdie onmoontlike situasie berus. Jy word verder aangemoedig om steeds weer aansoek te doen in die hoop om eenmaal sussesvol te wees terwyl jou jeug verby tik. Ek kan dit alles moeilik begryp of verwerk! 'n Ondersoek sal goed wees.

  • antwoord
Onbekende besoeker 
09 Nov 2011 16:34

Ek studeer tans by Onderstepoort as 'n verpleegster en wil net graag noem dat die slimste veeartse nie altyd die beste veeartse is nie. Die hoogste punte beteken nie noodwendig dat 'n persoon prakties goed gaan wees nie. Ek persoonlik dink dat onderhoude gevoer moet word sodat die leerlinge wat 'n passie vir diere en genesing het gekies word en nie net die slimste leerlinge nie.

  • antwoord
Jaco Schoeman (WJ) 
08 Nov 2011 12:03

'n Logiese denkende mens sou nou dink omdat die Fakulteit die enigste van sy soort in die land is hulle juis die beste kandidate sal keuring gee en NIE net om die land se demografie te verteenwoordig NIE. Verder sal 'n mens dan ook wil sien hoeveel van die "demografiese" studente wel hulle studies voltooi maar DIT is ek bevrees is inligting wat NOOIT bekendgemaak sal word nie. Enige keurings / aanstellings wat gedoen word om die demografie van die land te bevredig gee net aanleiding tot die mislukking van instellings wat dit volg - soos ons duidelik in hierdie land kan sien.

  • antwoord
Laurika Fourie 
08 Nov 2011 10:56

Ek stem saam met Rachelle Steenkamp, en wil ook baie dankie se aan AgriforumJeug, en ek hoop dat hul vir ons behoorlike uitklaring kan gee oor die verskuilde kriteria oor die toelating van studente by die Fakulteit van Veeartsenykunde. My dogter werk al vandat sy 16 is by ‘n Veearts oor naweke en in die week. Sy het net soos Kiara 7 onderskeidings gehad in matriek en is per sms ingelig dat sy nie goedgekeur is vir 2012 nie. Dit was ‘n geweldige skok. Sy het ‘n 100% beurs gehad, wat sy nou verbeur omdat sy nie goedkeuring gekry het nie. Na verskeie oproepe en vrae wat die kriteria is hoe hul gekies word – (en waaraan sy voldoen het aan al die vereistes), is sy nogsteeds afgekeur. En dan wil ek ook net vir jou se “onbekende besoeker”, jy het seker nie ‘n kind wat daardeur geraak word nie, daarom jou opinie sonder om jou naam te noem. Hoekom het hul nie onderhoude gevoer en ekstra toetse eksamens geskryf soos by Argitektuur nie. Ek is seker jul sou dan die koring van die kaf op meriete kon skei.

  • antwoord
bekommerde boer 
07 Nov 2011 19:13

@ RACHELLE STEENKAMP ..."Ons glo dat akademiese meriete nie die enigste kriteria moet wees nie…"
RACHELLE, dit is dan presies waaroor die moeilikheid in die berig handel nl. dat n uitstekende student (92% wow ek neem aan dit is n matriek punt want die gemiddelde 2de jaar keuringspunt vir OP n paar jaar terug vir BSc Vet Bio was 67-70%) nie keuring gekry het nie.

akademiese prestasie moet die enigste maatstaf wees. mens kan verstaan dat voorheen benadeelde studente ook onderstepoort toe moet gaan maar hierdie dame was goed genoeg om met die beste studente in die klas (land) mee te ding, wat beteken ras was nie die probleem nie.

ek dink glad nie die feit dat iemand op n plaas grootgeword het of aan allerlei ander landbouaktiwiteite op skool deelgeneem het moet hom/haar n voordeel gee bo n beter akademiese student wat bv van die stad afkomstig is nie.

Kies die slimste studente en ons sal slim veeartse he. ongelukkig is die lewe nie regverdig nie.

  • antwoord
Verwarde Melkboer 
07 Nov 2011 18:02

Die ergste is dat daar ook ten koste van ons eie kinders, plek vir internasionale studente gereserveer word. Hoekom moet hulle plek bo ons plaaslike wit kinders kry? Ek sal graag UP se antwoord hierop wil hoor.

  • antwoord
RCL SKAAP VOERKRAAL 
07 Nov 2011 03:06

SWAK

  • antwoord
  • 1
  • 2
  • volgende >
  • laaste >>

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Droogtesiklus dalk landbou se voorland
  • Dinge vlot nie in Kopenhagen
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction