|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
'n Onseker toekoms staar een van die Laeveld se grootste vrugteplase, Lisbon Estates, in die oë weens South African Farm Management (SAFM) se onttrekking van projekte in Limpopo en Mpumalanga. SAFM, wat deur die Boyes-groep van Tzaneen op die been gebring is, is voorlopig gelikwideer en skuld meer as R100 miljoen.
Lisbon Estates verskaf werk aan 170 permanente en 300 tydelike werkers. Die werkers het verlede week formele opskortingsbriewe ontvang. SAFM bestuur sowat 15 projekte op 5 000 ha grond wat aan grondeisers toegestaan is. Die maatskappy het in grond wat as deel van restitusie aan mense gegee is.
Die onderneming hou vol dat hy tot die plaas se sukses bygedra het deur infrastruktuur en werkmetodes te verbeter, maar plaaslike bestuurders meen hulle het eerder die veranderinge "in hul kele afgedruk". Een bestuurder sê "hulle was nie bereid om by die basiese te bly nie en nou is dit ons, die troepe op die grond, wat sleg lyk".
Werkers is onseker oor hul toekoms. "Ons is natuurlik bekommerd oor ons werk, maar niemand wil vir ons sê wat aangaan nie. Dit lyk nie of enigiemand omgee nie," sê een van die werkers. Mpumalanga se departement van landbou en grondsake ontwikkel nou 'n plan en begroting om die gemeenskap by te staan en werkverliese te keer.
Bron:
The Lowvelder
18 Desember 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24