Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Vrystaat-landbou-takel-ramphulp

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 23:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Vrystaat Landbou takel ramphulp

 
Deur ALANI JANEKE

“Daar is blykbaar nie geld om verspoelde paaie en brûe net te herstel nie, en ons kan nie twee of drie jaar wag voor die Regering eers daarmee begin nie.” Dít volgens mnr. Henk Vermeulen, hoofbestuurder van Vrystaat Landbou (VL), na aanleiding van ‘n vergadering wat dié organisasie met verskeie staatsdepartemente in Bloemfontein sal hou.

Vermeulen sê die riviere in die provinsie is nog te hoog om die uitwerking van verlede week se oorstromings te bepaal, maar “daar is groot skade!” Hy sê die VL wil die verskillende departemente aanmoedig om spoedig vir ramphulp aansoek te doen aangesien daar baie skade aan infrastruktuur is wat dringende aandag verg.

Kyk na foto's van die oorstromings:

Ongelooflike foto's van die reën

Tyd vir 'n strategie
Vermeulen sê hy wil so gou as moontlik ‘n strategiese plan saamstel om die probleme aan te spreek en seker te maak dat die regte kanale gevolg word ten einde vinnige en doeltreffende resultate te kry. “Ons het die vergadering gereël, want as iemand dit nie doen nie gaan niemand die ding koördineer nie. Dit terwyl gemeenskappe groot probleme het.”

“Die son het darem al uitgekom, maar daar’s steeds voorspellings van reën in die Oos-Vrystaat wat ons bekommer.” Volgens Vermeulen sal nog reën, selfs tussen 10 mm en 20 mm, tot gevolg hê dat riviere weer afkom aangesien die omgewing se grond baie versadig is.

Ernstige skade
Verskeie riviere was verlede week in vloed, en baie damme se walle het gebreek. Volgens Vermeulen moes baie boere wat hul huise naby riviere opgerig het, ontruim.  Die omgewings van Heilbron, Bethlehem, Frankfort, Kroonstad en Bothaville het erge oorstromings ondervind.

Boere in Harrismith het verlede maand reënval van 500 mm aangeteken, terwyl ‘n boer van Bethlehem vir dieselfde tydperk 400 mm gemeet het. Daar is groot skade aan gesaaides wat versuip of verspoel het. Sommige vee het gevrek weens vrotpootjie en ander het in die riviere verdrink.

Lees ook:

Reën kan waterkrisis veroorsaak

1 Februarie 2010
 

0
 
 
  • 1830 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

corlivdm
05 Sep 2011 15:08

Hi Laurens

Kontak asb Vrystaat Landbou. Jy sal hulle kontakbesonderhede hier vind: http://www.vslandbou.co.za/bKontakbbriContacti/tabid/59/Default.aspx
Groete
Corli van der Merwe

  • antwoord
LAURENS KRITZINGER 
05 Sep 2011 14:27

Ek soek 'n kontaknommer om voer graties aan te bied vir die area wat deur brande geraak is. Laurens. 0729900611

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Boer van die Jaar aangewys
  • GM kan mielie- en soja-oeste verdubbel
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction