|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Vrywillige bydraes is die enigste metode van finansiering vir die RPO. Dít is die standpunt van mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuurder van die RPO. Hy het op die kongres gesê die RPO glo die soort finansiering werk. Veral in die Wes-Kaap gaan dit voor die wind. Groot instansies vereenselwig hulle met die RPO wat dit betref. Mnr. Schutte het gesê hoewel Suid-Afrika 'n bek-en-klou-seervrye gebied is, wek die situasie in die aangrensende Zimbabwe kommer. Suid-Afrika durf nie sy status as bek-en-klou-weervrye land verloor nie, en alles in die land se vermoë moet gedoen word om dit te behou. Wat ramp-en-risikobeheer betref, word gevoel dat die owerheid nie sy kant bring nie. Geen skema bestaan vir sulke situasies nie, en dit is 'n bron van kommer. Voorts meen die RPO dat R700 000 vir beesnavorsing en R175 000 vir kleinveenavorsing van staatskant nie naasteby genoeg is nie. Navorsing bloei dood en dié bedrae moet drasties aangevul word. Mnr. Scutte het gesê die RPO het vier uitdagings vir die jaar: Die herstruktuering en finansiering van die generiese funksies in die rooivleisbedryf, die suksesvolle bestuur van dieresiektes, die hantering van handelsooreenkomste met Suid-Amerika, en gehaltebeheer in die rooivleisbedryf. * Snr.supt. Jan Frieselaar van die SAPD se speurdiens in die Wes-Kaap het gesê die probleem is dat die Wet op Brandmerke en Tatoëring nie deur boere nagekom word nie, en dit bemoeilik die opsporing van gesteelde diere. Boere is ook dikwels onwillig om hof toe te gaan oor enkele diere wat gesteel en teruggevind is. Beter samewerking tussen die SAPD en boere is noodsaaklik.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24