Die Oos-Vrystaatse Thabo Mofutsanyane-distriksmunisipaliteit sebuitensporige belastingheffings het hom ‘n bloedneus in die hof op die hals gehaal.
Regter Baratang Constance Mocumie van die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein het bevind die munisipaliteit se dagvaardings teen drie plaaslike ondernemings oor beweerde agterstallige betalings van belastingheffings openbaar geen skuldoorsaak nie.
Die drie sake-ondernemings, wat Afgri insluit, het in die hof teen die dagvaardings beswaar aangeteken.
Goeie nuus vir boere en besighede
Die wet soos hy nou daar uitsien, gee nie die Thabo Mofutsanyane-raad die mag om uitstaande heffings te beraam soos wat hy gedoen het nie, lui Mocumie se uitspraak. Mocumie het voorts gelas dat die munisipaliteit 80% van die verweerders se regskoste moet betaal.
Die uitspraak is goeie nuus vir duisende sake-ondernemings en boerderye in die Thabo Mofutsanyane-gebied. Die munisipaliteit het in 2008 sowat 13 000 dagvaardings vir beweerde agterstallige heffings van meer as R100 miljoen uitgereik.
Mnr. André Podbielski, ‘n regsverteenwoordiger van Thabo Mofutsanyane, het by navraag gesê opdrag is reeds van die provinsiale regering gekry om toestemming te vra om teen Mocumie se uitspraak appèl aan te teken.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 19 Maart 2010.
12 Maart 2010
Kommentaar
Die uitspraak was defenitief foutief
Die ANC glo mos wette is nie vir hulle gemaak nie.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)