|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
‘n Maatskappy wat biobrandstoftegnologie van Amerika na Suid-Afrika bring, Stellenbosch Biomass Technologies (SBMT), is in Sandton bekend gestel.
Luidens ‘n verklaring het SBMT die vermoë en kundigheid om Suider-Afrika in die rigting van ‘n toekoms met volhoubare energie te lei. Die Universiteit van Stellenbosch (US) is SBMT se navorsingsvennoot.
SBMT hou die reg voor om die jongste verwerkingstegnologie wat deur die VSA-gebaseerde Mascoma Technologies ontwikkel is, te kommersialiseer en vir plaaslike gebruik aan te pas.
Verbeterde produksie van sellulose-etanol
Die maatskappy verskaf hoogs doeltreffende verwerkingstegnologie teen ‘n lae koste, wat aansienlike besparings in kapitaal- en bedryfskoste tydens die produksie van sellulose-etanol kan verseker.
Sellulose-etanol is ʼn voorloper in die produksie van tweede generasie-biobrandstowwe uit plantmateriaal wat nie as voedsel gebruik word nie, met inbegrip van hout en landboureste.
“Deur brandstof met behulp van dié tegnologie te produseer, kan ons help om die uitstraling van kweekhuisgasse te verminder en Suider-Afrika in die rigting van ʼn groener ekonomie te stuur,” vertel prof. Emile van Zyl, stigterslid en direkteur van SBMT.
Van Zyl, wat ook 'n professor in mikrobiologie aan die US is, merk op: “Afrika benodig volhoubare en omgewingsveilige opsies wat nie ons voedselproduksie of natuurlike plantegroei bedreig nie.”
Die maatskappy hoop om, met die nodige belegging in plek, binne die volgende twee jaar met sy eerste demonstrasiegrootte aanleg te begin om die volle omvang van die kommersiële lewensvatbaarheid van die onderneming te demonstreer.
13 Julie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Dis 'n stap in die regte rigting manne. Mooi so!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)