Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Wag-eers-met-di-skyfies-s-vf-plus

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 23:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wag eers met dié skyfies, sê VF Plus

 
Deur ALANI JANEKE

Hoewel padgebruikers aangemoedig word om elektroniese skyfies (“e-tags”) vir die Gauteng-tolprojek te koop, waarsku die Vryheidsfront Plus daarteen.

Luidens ’n verklaring sê die party groot verwarring bestaan tans oor of die tolpaaie wel in Februarie volgende jaar ingestel gaan word.

Adv. Anton Alberts, verteenwoordiger vir die party, sê mnr. S’bu Ndebele, Minister van Vervoer, se vroeëre uitspraak dat die projek op ys is, strook nie met sy nuutste verklaring nie. Daarin sê hy dat die stelsel steeds ingestel sal word as geen alternatief vir die finansiering van die opknapping van die pad gekry kan word nie.

“Die Vryheidsfront Plus beskou dit as dubbelpratery en dit skep groter verwarring met die gevolg dat padverbruikers die Regering toenemend wantrou,” aldus Alberts.

Reeds voorstelle
Volgens Alberts het die publiek reeds talle sinvolle, alternatiewe finansieringsmetodes reeds aan die Regering voorgelê. Die voorstelle is gemaak tydens die openbare proses wat vroeër vanjaar gehou is.

Die feit dat padgebruikers ook nou al die “e-tag”-antwoordersender (transponder) kan aankoop om teen ’n laer tarief aangeslaan te word, veroorsaak verdere verwarring, aldus Alberts.

Hy sê dit wek die indruk dat die stelsel wel in Februarie ingestel gaan word en dat die verlengde konsultasietyd wat dié week voorgestel is, net skyn was.

Alberts het ook vrae oor hoe enige verdere prysverlagings wat later aangekondig kan word, op “e-tags” wat nou gekoop word, sal impakteer. “ ’n Situasie kan in die toekoms ontstaan waar die amptelike tarief goedkoper is as die duurder "e-tags" wat nou aangekoop word. Dit sou ’n oortreding van die Wet op Verbruikersbeskerming wees.”

Alberts sê die party raai padgebruikers aan om nie nou al die “e-tags” aan te koop nie, maar om te wag tot in Januarie “om te sien wat die werklike stand van sake is.”

Intussen gaan die party voort met sy veldtog om die tolprojek teen te staan. Alberts sê hulle sal voortgaan om druk op Ndebele te plaas om die stelsel te laat vaar en die geld eerder deur ’n brandstofheffing in te samel.

4 November 2011

5
 
 
  • 847 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Nekklamp vir beeste
  • Hoe vinnig groei swartbaars?
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction