|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Die Noordelike Wildboerorganisasie het dit vir sy lede beding om ingevolge die nuwe Vuurwapenwet as sake-ondernemings toegelaat te word om meer vuurwapens vir jag as individue te kan aanhou. Hulle sal ook van dié vuurwapens aan klante kan gee om wild mee te jag.
Dié organisasie het die aankondiging op sy jaarvergadering in Pretoria gedoen waar daar ook besluit is om sy naam van die Transvaalse Wildboerorganisasie na die Noordelike Wildboerorganisasie te verander, het mnr. Jacques Malan, voorsitter, gesê.
Mnr. Malan sê die organisasie se naam is verander omdat Transvaal nie meer as provinsie bestaan nie en dit by heelwat mense verwarring geskep het. Daarby het die ou naam die indruk geskep dat die organisasie deel is van die Transvaalse Landbou-unie SA.
Dit is nie die geval nie. Dié organisasie is by dié landbou-unie sowel as Agri SA geaffilieer en hy moedig sy lede aan om by die georganiseerde landbou betrokke te wees.
Mnr. Malan is op die vergadering as voorsitter van die organisasie herkies. Die ander bestuurslede is mnre. Coert Steynberg (ondervoorsitter en verteenwoordiger vir Gauteng), Peet Koen en Tony van Vliet (verteenwoordigers van Limpopo), Casper Scheepers (verteenwoordiger vir Noordwes) en Gunter Andreke (MpumalangFa). Mnre. Piet Warren van Gravelotte en Howard Knott van Tshipise is as lede gekoöpteer.
1
Mnr. Hennie de Jager, bekende boer van Ellisras, is deur die Noordelike Wildboerorganisasie aangewys as sy Wildboer van die Jaar. Mnr. De Jager het dié gesogte toekenning tydens 'n dinee by die Voortrekkermonument in Pretoria ontvang. Van links is dr. Andre Moolman, voorsitter van die SA Wildboerorganisasie, mnr. De Jager met sy trofee en mnr. Jacques Malan, voorsitter van die Noordelike Wildboerorganisasie.
15 April 2003
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24