Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Water-besoedeling-kan-uitvoer-knou

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 23:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Water: Besoedeling kan uitvoer knou

 
Deur ALANI JANEKE

Die besoedeling van Suid-Afrika se riviere, soos die Olifantsrivier, kan voedseluitvoer na Europa in gedrang bring, sê die Nasionale Waterforum.

“Ek is oortuig ons is op die punt waar van die voedsel wat op ons tafels beland, reeds besoedel is. Hoewel die besoedeling van riviere nog nie ‘n wesenlike invloed op voedselproduksie in die land gehad het nie, dink ek ‘n definitiewe moontlikheid bestaan dat dit uitvoer na Europa kan beïnvloed,” sê mnr. Louis Meintjes, voorsitter van die Nasionale Waterforum.

Meintjes sê hy meen die ernstige besoedeling in die Olifantsrivier waaroor onlangs in die Beeld berig is, het ‘n invloed op ekosisteme wat afhanklik is van die rivier.

Luidens die berig in Beeld het wetenskaplikes afgekom op grootskub-geelvis karkasse, wat weens dieselfde siekte (pansteatitis) as krokodille in die rivier gevrek het. Die rivier word beskryf as een van die mees besoedelde riviere in die land. Dit word sedert 2008 deur wetenskaplikes ondersoek aangesien sowat 200 Nylkrokodille die afgelope twee winters in die Olifantsrivierpoort in die Krugerwildtuin gevrek het.

Volgens dr. Paul Oberholster, ‘n varswater-navorser van die WNNR, is dié rivier besoedel deur landbou-werksaamhede, rioolafval, mynbou- en nywerheidsbedrywighede. Die Klipspruit, wat naby Witbank ontspring, word as die mees besoedelde sytak van dié rivier beskryf.

Kan ernstig siek raak
Me. Martella du Preez, ‘n mikrobioloog van die WNNR, waarsku dat mense wat water regstreeks uit die Olifantsrivier gebruik, ernstig siek kan word.

Volgens Meintjes moet spesifieke waterbronne en grond aan die produksie van voedsel in die land afgestaan word om voedselsekerheid te bewerkstellig. “Die waterbronne moet dan gesuiwer word om gesonde voedsel te verbou”.

Hy raai ook aan dat die Departement van Waterwese en Omgewingsake die bronne van besoedeling regstreeks moet aanpak. “Moenie nog studies doen of konferensies hou nie. Maak elke munisipaliteit se rioolaanleg reg sodat rioolstorting kan stop, en stop mynaktiwiteite in gebiede waar water belangrik is vir voedselproduksie. Ons kan nie sê ons wil nóg en nóg myne hê as ons nie kos vir daardie mynwerkers gaan kan voorsien nie,” verduidelik Meintjes.

Meintjes sê dit sal baie ongewens wees as Suid-Afrika ‘n netto-invoerder van voedsel raak. “Mens moenie bakhand staan by ‘n ander land nie, want as hulle mense nie kos het om te eet nie, gaan hulle definitief nie hulle kos vir ons gee nie!”

Bron:

Beeld

28 April 2010

 

3.875
 
 
  • 9125 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Henlu Havenga 
09 Mei 2012 15:52

dit help met my take. wat van prentjies

  • antwoord
Alana Visagie 
01 Mar 2012 20:44

Dankie vir die inligting dit was baie behulpsaam vir my taak.

  • antwoord
Maisy Joseph 
24 Jan 2012 09:09

Dankie vir julle uitstekende artikels, dit help baie met die skoolkinders se navorsing.

  • antwoord
Gert Swanepoel 
10 Nov 2011 22:49

Baie dankie vir jul uitstekende artikels. Daar is net een versoek daar moet aseblief uitgewys word wie tussen die landbou, mynbou ens. is die grootste oorsake van besoedeling want ons landbou in SA onderhou baie gesinne. Wil weereens dankie se die artikel het my eksamenopdrag gered.

  • antwoord
Franzelle Green  
06 Aug 2011 11:08

moet 'n taak indien oor die impak van besoedeling op die mens. hierdie artikel is 'n uitstekende voorbeeld van hoe die konsentriese sirkel inmekaar vloei en die rolspelers beinvloed word. verder help dit ook om die antropologiese vraag te beantwoord deurdat dit illustreer hoe die besoedeling van die natuur nie net die natuur maar die hele mensdom raak.

  • antwoord
Lucinda Badenhorst 
09 Feb 2011 19:39

Dankie ek moes n taak vir die skool gedoen het oor water besoedeling

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Gevaarligte vir bulle en bulkopers
  • Huis op dorp vir plaaswerker
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction