Deur JOYLENE VAN WYK
31 Augustus 2010

1701 keer gelees | 2 kommentaar

Besproeiingsboere en myne is die groot sondaars met die onwettige gebruik van water, sê die Departement van Waterwese en Omgewingsake.


Besproeiingsboere en myne is die groot sondaars met die onwettige gebruik van water, sê die Departement van Waterwese en Omgewingsake.

Stappe word gedoen om die probleem op te los, maar dit is duur, ingewikkeld en tydrowend, sê mnr. Helgard Muller, waarnemende hoofdirekteur vir regulasies by Waterwese. Daar word gereken dat tot soveel as 190 miljoen kubieke meter water onwettig in die bolope van die Vaalrivier per jaar gebruik word.

Muller het aan die Parlement se portefeuljekomitee vir waterwese en omgewingsake gesê besproeiingsboere is die grootste verbruikers van water. Volgens hom is daar egter boere wat meer water gebruik as waarop hulle geregtig is.

Waterwese kan eers ’n finale besluit oor die wettigheid van die waterverbruik neem nadat ’n verifiëringsproses op ’n eiendom gedoen is. “Geen regstappe kan gedoen word totdat die proses voltooi is nie.”

Sedert die begin van vanjaar tot Junie is 264 bevele vir die onwettige gebruik van water deur myne, die landbou en ander sektore uitgereik. In dieselfde tydperk is 97 bevele uitgereik en sewe sake na die Watertribunaal verwys. Altesame 23 sake is by die polisie aangemeld.

Slegs 44% van die watergebruikers is geverifieer. Volgens Muller kan dit tot twee jaar duur om vas te stel wie water onregmatig gebruik.

Dit is egter nie net ten opsigte van die onwettige verbruik van besproeiingswater waar die departement se hande afgekap is nie.

Myne wat onwettig water gebruik, wend hulle tot die hof om ’n interdik teen Waterwese te kry sodat hulle kan voortgaan met hul bedrywighede. Daar is sowat 125 myne wat sonder waterlisensies myn.

31 Augustus 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Deon Huisamen

2010/09/01 11:22:56 AM

As water in 'n dam se opvangsgebied onwettig gepomp word, sal ek dit verstaan, maar hier by ons loop miljoene kubieke meter water see toe onderkant die dam. Waterwese wil nie toestemming gee dat boere dit mag pomp na damme wat hulself bou nie, so wie is die ape in die verhaal? Waterwese pas nie die wet konsekwent toe nie, so dit is hoekom hulle sukkel om mense te vervolg. Selektiewe vervolging loop net op nuttelose hofsake uit.


mkruger

2010/08/31 02:11:47 PM

Daar word so lawaai gemaak oor die onwettige gebruik van water. Miskien moet die sondaars beboet word. Maar dan moet die regering ook beboet word vir die vermorsing van water - water wat in die see inloop en nie gebruik is om die lewensomstandighede van die inwoners te verbeter nie. Wonder maar net. Het die regering nie regtige probleme om aandag aan te gee nie ?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights