|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Wetenskaplikes meen ’n ernstige waterskaarste in Suid-Afrika is besig om te ontwikkel en volgens me. Geraldine Bennett van Moneyweb kan Noordwes teen 2025 “droog loop”. Gauteng, wat aan Noordwes grens, kan ook in die nabye toekoms watertekorte ondervind en die verwagting is dat dié twee provinsies met mekaar sal meeding om dié waardevolle hulpbron.
Albei provinsies ondervind ’n stadige afname in gemiddelde reënval en die hervulling van riviere, terwyl verbruik en die vraag na water styg. Luidens ’n artikel op moneyweb.co.za kan dié stand van sake konflik tussen die twee provinsies veroorsaak.
Mpumalanga ondervind die grootste tekort aan water in die land, terwyl Limpopo in die toekoms nie genoeg water vir ál sy inwoners sal hê nie.
Bron:
Moneyweb
16 September 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Dit klink of nog 'n Eishkom-sage oppad is. Die besproeiingsboere gaan dit die keer weer ontgeld.
Mpumalanga se tekort is interessant...wonder of Eskom se watervraag hiermee toe doen het want meeste kragstasies is in Mpumalanga.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)