Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Waterpolisie-binnekort-hier

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 23:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Waterpolisie binnekort hier

 
Deur LIEZL VERCUEIL

Watervermorsing en -misdaad moet daadwerklik aangepak word, sê me. Buyelwa Sonjica, Minister van Waterwese en Omgewingsake, en diegene wat dié natuurlike hulpbron misbruik, sal gevang word. Sy het op ’n waterberaad in KwaZulu-Natal gesê beamptes word tans opgelei om te verseker dat water nie misbruik word nie, luidens ’n berig op Timeslive.co.za.

’n Projek om onwettige waterverbruik op plase en nywerheidspersele hok te slaan, sal ook vandeesmaand begin, luidens die webwerf Watersense.co.za. Sonjika sê sowat 45% van Suid-Afrika se water gaan verlore weens onwettige gebruik en swak infrastruktuur.

“Wanneer mense aan watermisdaad dink, dink hulle iemand steel water in ’n informele nedersetting, maar dit is ook boere wat hul plase onwettig besproei en groot nywerheidsaanlegte wat hulle aan dié misdade skuldig maak,” sê sy.

Die Departement van Waterwese en Omgewingsake pak dié kwessies met die samewerking van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die direktoraat van publieke aanklagte. Die landbou verbruik tans sowat 62% van die land se vars water, met nywerhede tweede met sowat 27% en huishoudings derde met sowat 10%.

Bron:
Timeslive.co.za
Watersense.co.za

4 November 2009

4.5
 
 
  • 2307 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Kobus Niemann
06 Nov 2009 12:20

Ja dit is'n goeie beplanning van die regering om water te bespaar,maar die foute by die swart regering moet eerste op die lys gestel word.
1.Die swarte in die lokasies betaal in eerste plek nie vir water nie(elektriesiteit ook nie).
2.Die krane loop heeldag,lyk of daar 'n rivier deur die lokasie loop.
3.Water is van God,dit is 'n natuurlike bron,waar elke Suid Afrikaner verantwoordelik moet wees,op elke emmer wat hy of sy gebruik.

  • antwoord
Gert Hough 
05 Nov 2009 14:17

Ek stem saam dat die regering moet bou aan swak strukturering van watersisteme. Natuurlik is dit tot voordeel van almal dat water nie vermors word nie. Maar ek wil ook saamstem met die kommentaar dat hulle op alles wil incash - ek neem aan dis om die moontlikhede vir diefstal deur hul eie mense te bevorder. Kom ons wees maar eerlik - die kwessie van bedrog is openlik en die feit dat dit en ander misdrywe veel erger invloede het op die mense van Suid Afrika, is veel erger as die invloed van 'n "watermisdryf". Toegee, soos ek reeds gesê het, beplan die besturing van water, maar asseblief moet tog net nie dink julle weet iets nie - vra die mense wat weet en beplan behoorlik voor julle nog 'n chaotiese gedagte instel as 'n wet. Hierdie kommentaar is vir wat dit werd is - Oorhaastige wetgewing bring 'n groter gemors mee - en ek gaan nie voorbeelde noem nie - kyk maar na enige departement in ons regering. Indien die huidige regering regtig bevoeg was om Suid Afrika te bestuur, dan sou hulle leer uit hulle foute. En as hulle nie leer nie, wel dan moet hulle asseblief besef hulle skoon kom deur die regte ding te doen - afstand te doen van hulle leiersposisie. Maar vertel dit nou vir die tjommies van Mugabe.

  • antwoord
Hein 
04 Nov 2009 17:49

Ek dink die regering moet eers 'n paar ander sake oplos soos misdaad,plaasmoorde en dwelmhandel en dan sal daar nie tyd wees om op onbenullighede te fokus nie.Los die boere uit hulle moet voedsel produseer!!!

  • antwoord
Onbekende besoeker 
04 Nov 2009 15:12

Water behoort nie aan die goewerment nie, en hulle genereer dit ook nie, so hoekom wil hulle polisie staan daaroor. Lanbou voed ons land en nasie en het die water nodig anders gaan ons hongerly.

  • antwoord
Boer 
04 Nov 2009 11:46

Ek het laas jaar duer die proses gegaan om 'n 1.6 hektaar dam te bou. Ek het probeer die regte kanaale volg om alles ge-registreerd te kry. Dit behels die volgende waterwese,Mynbou,Swartbemagtiging,en omgewing impak studie. Ek het ingeneurs gehaat wat die opmetings, ligging, damwal breedte, uitloop, en en bepaal het. Toe ek uiteindelik my dik pak papiere by Waterwese is daar vir my gesê dit gaan lank vat. Toe na 'n maand Bel ek die persoon wat my vorm ontvang het en sou indien vir goedkeuring om te hoor hoe loop die stroop...Die persoon sou drie keer teruggekom het na my toe en sy laaste mail was gewees aan my...Jammer my pak papiere is weg!!! Dus die stelling wat ek wil maak is, kry eers julle proses reg Swart Regering en die toeganklikheid van so 'n diens voor jy 'n wet wil maak en in cash op iets wat almal sin is!! Dit is pateties op die oomblik!!! O ja, die dam goedkeuring na 'n jaar is nogsteeds net waar ek was!!! So hoeveel inkomste kon ek nie al ge-ginereur het nie as ek dit net gedoen het?

  • antwoord
mkruger
04 Nov 2009 11:26

Mooi !
So volgende keer as die natuulike hulbron dan vir my skade maak op my plaas en alles verspoel, is daar 'n waterpolisie by wie ek kan gaan kla en vergoeding eis ?

As water dan aan die regering behoort moet hulle mos pa staan vir skade wat deur hulle eiendom aangerig word ?

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Sampioene: Geld uit 'n sak
  • Waterkrisis ’n werklikheid
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction