|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Waterverbruik in ontwikkelende lande gaan tot en met 2025 met 50% styg en in ontwikkelende lande met 18%, aldus wetenskaplikes.
Luidens ’n berig op Reuters sê me. Kirsty Jenkinson, verteenwoordiger van die World Resources Insititute in Washington, Amerika, waterverbruik in ontwikkelende lande gaan weens verstedeliking drasties styg.
Die feit dat die wêreldbevolking op Maandag, 31 Oktober 2011, na verwagting die vlak van 7 miljard mense gaan bereik, gaan een van die grootste dryfvere agter verhoogde watergebruik wees. Sy sê water kan, soos olie, een van dié kommoditeite wees waarom die 21ste eeu gaan draai.
Reuse-uitdaging
Jenkinson meen dat ’n reuse-uitdaging die wêreld in die gesig staar as gevolg van die impak van erge oorstromings, droogtes en veranderende weerpatrone weens klimaatsverandering. Probleme met watervoorraad gaan na verwagting die armste mense eerste en die ergste raak.
Mnr. Rob Renner, uitvoerende direkteur van die Water Research Foundation in Colorado, sê daar bestaan nie ’n tekort aan water op aarde nie: “Daar is baie water op die aarde, so dit sal heel moontlik nie opraak nie.
"Die probleem is dat 97,5% daarvan soutwater is en twee derdes van die sowat 2,5% varswater is gevries. So daar is nie baie vars water om aan die wêreld uit te deel nie.”
Doeltreffendheid
Slegs 8% van die varswater in die wêreld word tans regstreeks deur mense verbruik, met sowat 70% wat vir besproeiing en 22% wat vir nywerheidsgebruik aangewend word, sê Jenkinson.
Sy sê vir die mensdom om genoeg water te hê, moet die verbruik daarvan doeltreffender bestuur word en in ag geneem word watter deel van die samelewing watter water vir watter doel nodig het.
Bron: Reuters
29 Oktober 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Die 1e stap is opgesluit in die laaste paragraaf. Water moet beter bestuur word. Dit geld veral die landbou (Watergebruikersverenigings en besproeiingsrade) en stede.Meeste stede en dorpe in SA se "unaccounted-for" water is 30% + en sommige weet nie eens hoeveel dit is nie, want dit word nie behoorlik gemeet nie.Dit is totaal onaanvaarbaar.Uitreik van waterlisensies moet dringend afgehandel en all watergebruik behoorlik gemeet en gemonitor word.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)